Ommie wêreld in min woore te contain
Nathan Trantraal se jongste digbundel, Oolog, wys die leser dat oorlog sowel ’n realiteit as ’n metafoor vir enigiets van verhoudings tot die geveg om oorlewing, verslawing en bendegeweld kan wees. Oolog sluit in sfeer en tematiek aan by sy eerste twee bundels Chokers en survivors en Alles het niet kom wôd, maar staan selfs nog forser as sy voorgangers.
Trantraal se verhalebundel Wit issie ’n colour nie kan ook saam met Oolog gelees word omdat dit put uit dieselfde wêreld. Plaas ’n mens egter die stories naas die gedigte, is dit duidelik dat die gedigte korter, kragtiger en emosioneel meer nakend is as die stories.
Trantraal skryf immers self in “Gie vir my ’n baby” oor die aard van die poësie as “ ’n attempt ommie wêreld te contain / in soe min woore as moontlik”. Hy vul dit aan met ’n anekdote oor die maak van ’n baby wat die emosionele dringendheid, behoefte en roekeloosheid vervat in die maak van ’n gedig, verwoord.
Die digterlike tegniek om ’n storie te vertel wat in sy geheel as ’n metafoor met talle betekenismoontlikhede funksioneer, is een wat Trantraal goed beheers.
Die gegewe van oorlog kom op verskillende plekke in die bundel ter sprake. Daar is byvoorbeeld gedigte wat verwys na mans in die familie wat in die Tweede Wêreldoorlog geveg het en die impak wat dit op hulle gesinne, veral hulle seuns, gehad het. Dit kom veral na vore in die reeks gedigte oor Jacob Africa en sy seun Boy (onder meer “Abyss seen ya (1941)” en “Vedrink”), maar dié dinamiek word oorgedra op ander skreiende gedigte oor pa-seun-verhoudings, soos byvoorbeeld “Karl”.
Dit blyk heel vroeg in die bundel dat oorlog ook ’n metafoor is vir die swaarkry van die spreker se familie en hulle gemeenskap. In “The Old Man and the Sea” word daar gesinspeel op Ernest Hemingway se klassieke novelle om te verwys na die manier waarop die spreker en sy familie mekaar vasgehou het deur die langste en donkerste nagte van die oorlog, maar mekaar in die beter tye daarna kwyt raak: “Is innie sonskyn en oppie pad hystoe / wat ôs mekaa verloorit,” lui die gedig se slotreëls.
Tikkoppe wat world peace in 'n winkeltrollie bringDaar is ook verskeie gedigte wat vertel hoe dwelms en bendegeweld ’n gemeenskap omskep in ’n oorlogsveld. In “Daasie foutie” verwys die digter na die tikkoppe wat vir jou “world peace / inne winkel trolley” sal bring indien jy hulle R25 belowe. Loop jy egter later deur die strate, gaan die gedig verder, sien jy hoe die oorlog woed omdat al die liefde deur die tikkoppe gesteel is.
Aansluitend hierby verwys die spreker in “Grahamstown” na sy verlange na die “old country” waarheen hy nie kan terugkeer nie omdat dit ’n oorlogsone is. “En ek kan nooit wee hystoe gannie / wan is child soldiers en warlords / wat Bishop Lavis regeer,” skryf hy hieroor. Grahamstad is onder meer vir hom vreemd omdat dit ’n “anne culture hie in wit Syd-Afrika” is. Dit sluit op sy beurt aan by ’n reeks verse oor die kwessie van witheid, waaronder “Petit Roux” waarin daar verwys word na wit mense wat oor alles iets te sê het, maar met ’n “blank expression” reageer wanneer daar van “apartheid en white privilege” gepraat word.
Trantraal het in Chokers en survivors ’n verwoestende blik oor die kanon van die Afrikaanse letterkunde gegooi. Dié bundel praat egter van ’n ander soort kanon, ’n “cardboard-box canon”, wat bestaan uit die boeke wat deur ’n oupatjie by die stasie vir R15 stuk uit ’n boks verkoop word.
Dis ’n kanon gevorm deur ontbering, verlies en die stryd om oorlewing waarin jyself en jou storie mag beland, maar waaruit jy ook die soort skatte kan haal wat Trantraal met vrug in sy bundel gebruik, boeke soos dié van J.D. Salinger (hy verwys spesifiek na For Esmé, with Love and Squalor) en ’n hele spektrum ander.
Families wat vrees vir invalleTalle gedigte gee uiting aan die onvermydelike teenwoordigheid van toestande soos depressie, angs en ’n donker toekoms wat gepaard gaan met die lewe in ’n oorlogsone. Gedigte soos “Insoluble” en “Calvin en Proust” karteer die stryd teen depressie, terwyl “House-hunting” ’n beeld gee van ’n familie se vrees vir invalle in hul huis. “Bishop Lavis 2049” en “I’ve seen the future and its hopeless” gee ’n donker visie op die hede en toekoms.
Ook boeiend is die gedigte waaruit ’n bepaalde sin vir identiteit en ’n gepaardgaande etos blyk. In “Houndcatman” skryf die spreker dat sekere cartoons uit sy kindertyd hom geleer het om te identifiseer met “losers” en die “gag” of grap te herken as ’n mantra of “ethos” waarvolgens hy kan leef.
Volgens “Jahman without qualities” is hy op soek na ’n identiteit wat êrens tussen dié van Robert Musil en Robert Marley lê. Hy dink ook oor ander identiteite, soos die van die “heretic” wat hy sien in ’n man met die naam Joshua (vgl. die gedig “Yeshu”).
Trantraal se gedigte boei nie net vanweë die tematiek nie, maar ook vanweë sy beheer oor die verhalende gedig as vorm.
Hy het 'n plooibare poëtiese instrument in die handDit is ook duidelik dat Kaaps, met sy mengsel van Afrikaanse en Engelse woorde, hom ’n besonder plooibare poëtiese instrument in die hand gee. Dit tel die resonansies van albei tale op en open so die moontlikheid om tussen die tale te speel met klank en betekenis.
Bowendien skep die manier waarop woorde in Kaaps aan mekaar vasgemaak word (“innie”, “omme”) metriese moontlikhede: die reëls vloei gladder omdat sommige konsonante wegval; wanneer hulle egter wel opduik, staan hulle uit soos spykers in die pad.
Ook treffend is die manier waarop die toon in die bundel wissel van groot bitterheid, teleurstelling en woede tot diep teerheid soos in “Nag iii”.
Oolog is die werk van ’n uiters bedrewe, maar ook gedrewe digter. Daarom vermoed ek dit gaan een van die keurbundels van die jaar wees.
Louise Viljoen is professor in Afrikaans & Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie