Omskep idees en ideale in werklikhede
Richard Fryer – Baie mense droom van 'n eie kleinsakeonderneming, maar word dikwels gestuit weens 'n gebrek aan kennis en vaardighede.
Om hul drome te verwesenlik en probleme te oorkom, is die Okakarara Beroepsopleidingsentrum net die plek om by aan te klop. Hulle help mense om hul idees en ideale in werklikhede te omskep.
Die sentrum se hoof, mnr. Penson Mootu, sê die idee is om vir die jeug inywerheidsgedrewe en bemarkbare vaardighede te leer wat hulle in staat sal stel om op hul eie voete te staan.
“’n Gebrek aan gekwalifiseerde mense dra ook by tot die land se hoë werkloosheidsyfer. Ons doel is dus om 'n verskil in die lewe van die Namibiese jeug te maak deur die voorsiening van 'n ware oplossing vir 'n werklike probleem en om hulle te leer hoe om vis te vang eerder as om net vis te ontvang,” het Mootu gesê.
Die Beroepsopleidingsentrum op Okakarara is in Januarie 1977 geopen en het aanvanklik as die Okakarara Tegniese Instituut bekend gestaan. Daar was aanvanklik 21 vakleerlinge en drie ambagte, naamlik motorwerktuigkunde, houtwerk en messelwerk, is aangebied. Sedertdien is ander ambagte bygevoeg, soos sweiswerk, loodgieterswerk, algemene elektriese werk, haarkapperwerk, kantoor administrasie en die vervaardiging van klere.
Die minimum- toelatingsvereistes is graad 10 of 12 en leerlinge moes Engels, wiskunde en wetenskap geslaag het. Die opleidingstydperk vir alle kursusse is drie jaar.
“Ons bied doeltreffende opleiding en bystand in die tegniese en kommersiële velde om bevoegde mannekrag te lewer. Hierdie studente sal aan die einde van hul kursus beskik oor die vermoë om ’n waardevolle bydrae tot werkersmag te lewer. Daarmee saam dra ons by tot die ontwikkeling entrepreneurskap en werkskepping,” het Mootu gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie