Omstrede Otji-dokter uit op borgtog
Denver Kisting – Die man wat met die dood van drie mense tydens ’n 2015-motorongeluk verbind word, dr. Yevai Chiradza, is Vrydag op borgtog vrygelaat.
Dít kom nadat hy homself ’n maand gelede aan die polisie in Windhoek oorgegee het nadat daar sowat twee weke vroeër ’n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik is.
Landdros Unchen Konjore het Chiradza Vrydag in die Karibib-landdroshof op borgtog van N$12 000 vrygelaat nadat die staatsaanklaer, mnr. Johannes Kalipi, aangedui het die staat staan nie meer borgtog teen nie.
Die landdros het gelas Chiradza moet sy paspoort by die ondersoekbeampte indien.
Hy moet ook op Maandae en Vrydae tussen 08:00 en 17:00 by die polisie op Otjiwarongo aanmeld.
Chiradza is op Otjiwarongo gestasioneer, maar die noodlottige ongeluk het destyds tussen Usakos en Karibib plaasgevind.
Hy was glo op 16 Maart in die hoofstad om ’n dokter te spreek toe hy homself oorgegee het, aangekeer is en na die aanhoudingselle by die Karibib-polisiestasie oorgeplaas is.
Chiradza mag kragtens ’n derde borgtogvoorwaarde geen soortgelyke misdaad hangende sy verhoor pleeg nie.
Hy moet weer op Maandag 25 Junie in die beskuldigdebank wees waar hy na verwagting verhoor sal word op drie aanklagte van strafbare manslag.
Dit weens ’n ongeluk wat die lewe geëis het van die susters mee. Welmine Louw en Alet Junius, en Louw se enigste seun, mnr. Konrad Louw.
Junius se enigste kind, me. Sonja Junius, en haar neef, mnr. Johan Junius, het dié gru-ongeluk oorleef.
Toe Chiradza onlangs op aanklagte van strafbare manslag in die Karibib-hof moes verskyn, het die bestuurder van ’n Duitse spogmotor – glo Chiradza – verskeie padgebruikers se lewe tussen Okahandja en Otjiwarongo bedreig.
'n Motoris het dié gedrag op video vasgelê en dit het soos ‘n veldbrand op Facebook versprei.
Beeldmateriaal het getoon hoe dié motor heen en weer oor die pad swenk, verskeie kere die pad byster raak en dikwels in die baan van aankomende verkeer was.
Sedert die onlangse voorval op die lappe gekom het, is Chiradza deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste geskors en word ook deur die raad vir gesondheidsberoepe ondersoek.
Louw se man, mnr. Konrad Louw, het ook ’n siviele geding teen Chiradza aanhangig gemaak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie