Omuramba-dagteater vier ’n dekade

Henriette Lamprecht
Die Omuramba-dagteater vier vanjaar tien jaar van diens, nadat dit in Februarie 2012 amptelik sy deure geopen het.

Die dagteater is ’n private gesondheidsorggerief waar kleinskaalse chirurgiese en endoskopiese prosedures uitgevoer word.

Die visie van Omuramba is om ’n omgewing te skep, te ontwikkel en vol te hou van ’n uitstaande mediese instelling wat die standaarde van die mediese bedryf oorskry en dit ook van ander mediese geriewe onderskei.

Omuramba spog met twee teaters waar ’n verskeidenheid prosedures uitgevoer kan word.

’n Uiters gespesialiseerde gastro-intestinale eenheid fokus op endoskopiese evaluerings en maagprosedures. Pasiënte word voor en na chirurgie in die toelatings- en herstelareas gehuisves wat tien pasiënte kan akkommodeer.

Prosedures wat hier uitgevoer kan word, sluit in kosmetiese, tandheelkundige, oor-, neus- en keel en algemene chirurgie. Endoskopiese en ginekologiese prosedures word ook hier behartig.

Al Omuramba se mediese personeel is by die Raad vir Gesondheidsberoepe in Namibië (HPCNA) geregistreer.

’n Voordeel van die gebruik van ’n dagteater is dat die koste verbonde aan die uitvoer van prosedures beduidend laer is as wanneer die pasiënt oorslaap. Dit word moontlik gemaak deur die verskil in die praktykkodes wat by die Namibiese Vereniging vir Mediese fondse (Namaf) geregistreer is.

As geregistreerde dagteater word pasiënt op dieselfde dag opgeneem en ontslaan.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!