Omusati deel droogtehulp met 2 300 Angolese
Drie maande nadat Angolese owerhede hul Namibiese eweknieë meegedeel het dat die kwessie van vlugtelinge aandag sal geniet, is duisende van hul burgers steeds in die land.
Tuyeimo Haidula op Oshakati – Die goewerneur van die Omusatistreek, mnr. Erginus Endjala, het Maandag gesê sy streek moet noodgedwonge sy voedsel vir droogtehulp met uitgehongerde Angolese deel wat in Maart na Namibië gestroom het om verligting van die hongersnood in hul land te soek.
Dít byna twee maande nadat die Angolese regering, deur die goewerneur van die Cunene-provinsie, me. Gerdina Ulipamwe Didalelwa, sy burgers gevra het om terug huis toe te keer sodat hulle gehelp kan word.
In Mei was die aantal onwettige migrante in die Omusatistreek 1 250, terwyl Ohangwena 150 Angolese burgers gehuisves het. Dit is diegene wat die Namibiese regering wel kon aanteken, want daar kan ook ander wees wat die land onwettig binnegekom het en nie by kampe waar hul landgenote woon, aangemeld het nie.
Didalelwa het in Mei gesê haar regering is eers ingelig die Angolese burgers in Namibië is op soek na werk, maar dit is later vasgestel dat hulle hul huise verlaat het weens die water- en voedselkrisis. Sy het gesê 590 000 mense in Angola word deur die droogte geraak.
STYGENDE GETALLE
Endjala het Maandag gesê volgens die mees onlangse data wat hy ontvang het, wil dit voorkom of die streek nou 2 328 Angolese burgers huisves. Van dié getal is 1 400 kinders tussen die ouderdomme van nul en tien, het hy gesê.
Vir die Ohangwenastreek kon ons susterkoerant Namibian Sun nie die huidige getal vasstel nie, aangesien die goewerneur, mnr. Walde Ndevashiya, nie bereik kon word nie.
Volgens Endjala weier die Angolese burgers om na hul land terug te keer vanweë onsekerheid, en sê hulle hul regering maak voortdurend leë beloftes.
Hy het gesê bejaarde vlugtelinge het aangedui hulle is bereid om terug te keer na hul land wanneer dit weer begin reën, en het die Namibiese regering versoek om hulle van saad vir die oestyd te voorsien.
“Die situasie is uiters kommerwekkend. Die Angolese regering is stil. Die konsulaat het nog geen pogings aangewend om uit te reik nie. Sedert Mei was daar geen kommunikasie met ons om die pad vorentoe te bespreek nie,” het Endjala gesê.
BARMHARTIGE SAMARITANE
“Die slag van koeie (vir die vlugtelinge deur die Namibiese regering) het opgehou omdat dit nie volhoubaar was nie, en ons is afhanklik van barmhartige Samaritane om hierdie mense te voed.
“Ons voorsien hulle nou net van droogtehulpvoedsel, maar Omusati sal dit binnekort moet staak aangesien die inwoners wat in die suidelike dele woon ook die impak van die droogte voel,” het Endjala gesê.
Hy het daarop gewys dat die Angolese president João Lourenço Sondag die Cunene-provinsie besoek het, wat volgens die Namibiese owerhede hopelik sal lei tot oplossings om die las op die regering se skouers te verlig.
Endjala het gesê hulle het voorlopig die vlugtelinge na 'n meer geskikte gebied naby die Lutherse kerk by Etunda verskuif.
“Daar is 'n kamp wat hulle self opgerig het. Ons kan ongelukkig nie vir hulle tente gee nie, want dit sal die reëling té permanent maak en dit is nie wat ons wil hê nie,” het hy benadruk.
Pogings om die Angolese konsulaat in Namibië om kommentaar te nader, was onsuksesvol.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie