Onaangename klankies, sinkplaat paaie en die dopkultuur

Dani Booysen
Wil Weet skryf:
Probleme met die rioolpomp en -water wat oor die grootpad en die riool-invloei in die dam op Kamanjab kom al ’n geruime tyd.
Die Kamanjab Village Council het ons belowe dat die pomp heeltemal vervang sal word wat so lek. Die diere drink die water in die dam. Dit is nie menslike drinkwater nie.
Nou loop die riool oor die pad (haglik) in die dam in en die diere eet en drink nog steeds daaruit.
Die pad is beskadig en baie toeriste gebruik daai pad en sien en ruik die rioolwater wat in die dam loop. Hulle dink dalk ook . . . Daar is rioolwater in die dorp se opgaardam; Kamanjab se water kan nie gedrink word nie.
Die Village Council beweer hulle het geld aangevra van die ministerie om die pomp te herstel. Daarvan het egter nog niks gekom nie.
Daar was op ’n openbare dorpsraadvergadering voorstelle gemaak om die rioolwater te herlei en tydelike planne te maak sodat die water nie oor die pad loop en in die dam nie. Daarvan het ook nog niks gekom nie.
Die pad is steeds beskadig, dit stink en die rioolwater loop steeds in die dam in.
En die buitelandse toeriste ry steeds die beskadigde pad en sien hoe rioolwater die Kamanjabdam vul.
Watter terugvoering gaan saam met hulle oorsee?
Sies, Kamanjab.
Die Kunenestreek lewe van toerisme, maar die paaie is in ’n verskriklike, onrybare toestand.
Alles skud en breek uitmekaar. Self so dat dit nou al ongelukke veroorsaak het. Voertuie en ’n lorrie het hul aste onder die “body” uitgery. Dit het omgeval; mense is beseer en lewens geëis.
Die donkiekarpad is selfs beter om te gebruik.
Op die roete C40 van Kamanjab na en terug van Erwee, asook Grootberg, Sesfontein, Khorixas en Opuwa is dit dieselfde geval. Die paaie is haglik en swak.
Dit is al by die RCC en Roads Authority op Outjo en Otjiwarongo gerapporteer. Maar aan die paaie word niks gedoen nie.
Kan die eerbare minister nie asseblief self kom en kom kyk nie?
Ek wil ook graag weet of die drankwet en regulasies teen dronk op straat net in die res van Namibië in werking is en nie op Kamanjab nie?
Op Kamanjab sit die polisiebeamptes by die mense wat drink en drink saam met die wat drink op straat. Die polisiebeamptes koop drank in die winkels, gaan uit, maak dit oop en drink uit die bottel in hulle uniforms. Die sersant sit in die polisiebakkie as drywer met die bier oop en drink ook in sy uniform.
Loop ek met ’n leë bierbottel in die straat, dan wil hulle my toesluit.
Die dronk mense hinder die toeriste wat ons op Kamanjab besoek, soveel so dat die toeriste nie meer by ons plaaslik besighede wil stop nie. Die polisie aanskou dit, maar iets doen daaraan is min of selfs niks.
Of dit plaaslike polisie is of van die buitestasies weet ek nie, maar dit bly ons Namibiese polisie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!