Onafhanklike Namibië faal huishulpe
Vele huishulpe is vasgevang in “onmenslike” werksomstandighede, maar het geen ander werksvooruitsigte om vir hul gesinne te sorg nie.
Jana-Mari Smith
Huishulpe in Namibië is onder die mees uitgebuite en onderbetaalde werkers in die land en word as goedkoop en vervangbaar beskou.
“Selfs 'n hond word in sommige huise beter as ons behandel,” sê *Libby, wat anoniem wou bly.
Sy het gesê hoewel haar werkgewer geweier het om, wanneer hulle met vakansie gaan, haar wettige volle salaris te betaal en sy aangesê is om tuis te bly, was sy te bang om vir haar arbeidsregte op te staan.
“Hulle is die 'base'. Jy doen wat hulle vir jou sê jy moet doen. Ek is te bang om my werk te verloor.”
Libby het haar werkgewers gevra om haar vir maatskaplike voorsorg te registreer, soos deur arbeidswetgewing voorgeskryf word, en hulle het vir haar gesê sy word genoeg betaal om geld opsy te sit as sy dit ooit sou nodig hê.
'n Medewerker wat vir dieselfde gesin in die tuin gewerk het, is volgens haar afgedank nadat hy daarop aangedring het dat hulle hom sy volle salaris moet betaal wanneer die gesin met vakansie gaan.
Sy het vir voltydse werk, vanaf Maandag tot Vrydag, N$2 000 per maand verdien. Sy is verlede jaar in die nasleep van Covid-19 afgelê en moes die vakbond vir huishulpe nader toe haar voormalige werkgewers geweier het om haar 'n afleggingspakket te betaal.
Ondanks haar lae maandelikse salaris, stem dit ooreen met die minimum loon vir huishulpe in Namibië wat op N$1 500 per maand vasgestel is.
'n Ander huishulp, wat bereid was om anoniem te praat uit vrees dat sy haar werk sal verloor, het gesê nadat sy byna 20 jaar vir 'n gesin in 'n ryk woonbuurt gewerk het, het sy sowat N$3 000 per maand verdien.
“Niemand gee vir ons om nie. Van ons word by die werk mishandel. Daar word van ons verwag om elke dag 'n week se werk te doen en dan word ons so min betaal. Dis nie regverdig nie.”
Sy het gesê wanneer sy 'n fout maak, word soms op haar geskree.
“Ons word op 'n onmenslike manier behandel. Daar word ons soos klein kindertjies verskree. Hulle sal nie eens met hul kinders so praat nie en ons mag nie terugpraat nie. Dit maak seer om so behandel te word.”
Sy en ander huishulpe sê daar is min wat hulle kan doen, omdat hulle die werk nodig het om te oorleef en na hul gesinne om te sien.
TOKSIESE MAG
“Die kragwanbalans tussen huishulpe en hul werkgewers is so groot dat die bepalings van die arbeidswet hierdie werkers in die praktyk nie beskerm nie,” sê die arbeidskenner, mnr. Herbert Jauch.
Daar is, volgens Jauch, meer sistematiese en doelbewuste ingrypings nodig om doeltreffende beskerming te bied, aangesien die huidige instelling nie daarin kon slaag nie.
“Huishulpe word na willekeur afgedank en het min keuse wanneer hulle deur hul werkgewers se eise gekonfronteer word.”
Hy het bygevoeg hoewel daar ongetwyfeld strukturele rassisme teenwoordig is, word hul ook deur swart werkgewers sleg behandel.
“Huishulpe word gewoonlik met min respek behandel en daar word van hulle verwag om, sonder enige onderhandeling, bloot hul werkgewers se instruksies uit te voer.”
Ondanks 'n minimumloon- en arbeidswetgewing wat jaarlikse verlof, siekverlof en registrasie by die Maatskaplike Voorsorgkommissie (SSC) insluit, kom min werkgewers dié wet na, hetsy doelbewus of deur onkundigheid van die wet.
Die hoofsekretaris van die Namibiese huiswerkersunie, me. Nellie Dina Kahua, sê onkunde oor die wet is geen verskoning nie en hoewel daar meer uitdagings is om te verseker dat huishulpe regverdig behandel word, moet die bietjie waarop hulle geregtig is, afgedwing word.
Sy sê die manier waarop huishulpe behandel word, weerspieël die manier waarop hul werk as minder belangrik beskou word.
Kahua sê hierdie ingesteldheid moet verander en huishulpe moet die vakbond nader as hulle probleme by die werk ondervind.
Jauch is van mening nie veel het vir huishulpe sedert Namibië se onafhanklikheid verander nie.
“Nietemin het die hoogs uitbuitende arbeidspraktyke voortgeduur. Die lae minimum loon wat deur die parlement vir huishulpe gestel word, bevestig ook die lae waarde wat aan hul dienste geheg word.”
Verskeie studies sedert onafhanklikwording het tot soortgelyke gevolgtrekkings gekom oor die uitdagings wat huishulpe in die gesig staar, insluitend lae loon, lang werksure en eise.
Jauch het gesê hierdie bevindinge, omdat dit baie jare uit mekaar ingesamel is, is “'n bewys van die versuim om, sedert onafhanklikwording, die lewens- en werksomstandighede van Namibië se huishulpe te verbeter.
“Huishulpe is steeds 'n deel van die werkende armes en hulle is nie gemagtig om hul omstandighede te verander nie,” het hy gesê.
MOEILIKE WERKSOMSTANDIGHEDE
Volgens Kahua leef die meeste huishulpe in armoede. Hulle woon in informele nedersettings waar hulle daaglikse uitgawes moet betaal en nie toegang tot ordentlike behuising en banklenings het nie.
“Baie huishulpe se werkgewers behandel hul sleg. Hulle word uitgebuit en word tot 'n sekere mate misbruik. Die spanning van die werk maak dit vir vroue moeilik om werkstevredenheid te ervaar.”
Behalwe vir huishoudelike take, word vele huishulpe ook gedwing om werk te doen wat “onmenslik” is en huishulpe se “gesondheid en veiligheid kan benadeel”.
“Huishulpe is dikwels arm, swart en ongeletterde vroue wat min geleenthede het om in die samelewing se sosioëkonomiese hiërargie op te beweeg. Hierdie vroue het geen ander keuse as om die werk van huishulpe aan te pak om hulle gesinne te kan onderhou nie,” het sy gesê.
Terwyl Covid-19 daartoe gelei het dat groot getalle huishulpe verminderde werksure, laer salarisse of werkverliese ervaar het, meen Jauch dat die arbeidsektor selfs vóór die pandemie 'n dringende behoefte aan hersiening gehad het.
“Dit is hoog tyd dat daar na die waardering en hantering van huishulpe gekyk word. Dit is tyd om hulle as mense met behoeftes te erken en nie as goedkoop en maklik vervangbare arbeid nie,” het Jauch gesê.
* Libby is 'n skuilnaam
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie