Onafhanklikheid kom laat op Aus
Op Aus is onafhanklikheid vanjaar eers op 22 April gevier.
Die hoofspreker by die geleentheid, waarheen die hele !Nami#Nus-kiesafdelig genooi was, was die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta. Hy het gepraat oor die gevaar van korrupsie, die belang van opvoeding en die rol wat ouers moet speel om 'n goeie toekoms vir hul kinders te verseker.
Volgens Shifeta het alle inwoners die verantwoordelikheid om die land se Grondwet die handhaaf en om die Harambee-welvaartplan te ondersteun. Hy het gewaarsku teen die misbruik van alkohol en inwoners versoek om nie te veel te drink nie.
Volgens die voorsitter van die //Kharas-streekraad en raadslid vir !Nami#Nus, mnr. Jan Scholtz, is kontrakteurs besig om 157 spoeltoilette in die kiesafdeling te bou. “In die proses word werk vir inwoners van Aus geskep,” het Scholtz gesê.
Die burgemeester, adjunkburgemeester en raadslede van Aus was ook teenwoordig saam met meer as 1 000 persone, insluitende besoekers van Lüderitz. Vermaak is verskaf deur die Namastap-dansers, Aus se blaasorkes en jeugdansers van Lüderitz.
Die streek se Heldedag-vieringe sal in Augustus ook op Aus plaasvind.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie