Onbekend, onbemind
JURIE VILJOEN SKRYF:
Ek dink dr. Penduleni Itula het baie aanhangers en 'n sterk saak wat baie sien as 'n oplossing vir die huidige probleme. Almal voel dat die staatskas leeg gesteel word.
Die vrotvis-skandaal en die afsaag van die bome in die Noorde lê op dieselfde vlak. Nie een van ons weet wie baat by die verkoop van die hout van bome wat daagliks afgesaag word nie. Of is dit maar 'n Afrika-mentaliteit waar die “dorsvloer” leeg gesteel word en die belastingbetalers moet dit as 'n gegewe aanvaar.
Dr. Itula, ek verskil egter van u wat die stemmasjiene aanbetref. Ons was vir 'n week in Indië waar ons kans gehad het om hierdie elektronika deeglik te bestudeer en toe ons terugkom, moes elkeen 'n verslag indien. Daar was niemand wat teen die masjiene beswaar gemaak het of twyfel oor die objektiwiteit van die proses gehad het nie.
Twyfel word gesaai en daar word selfs beweer dat die regering “Blue-tooth” ingebou het om met die masjiene in te meng.
Ek dink eerder dit is 'n kwessie van onbekend maak onbemind.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie