Onbekende boulers maak hul merk
Wanderers het die voortou in die permierliga oorgeneem.
Tielman van Lill - Vier kitsbotsings in Krieket Namibië se T20-premierliga is die afgelope naweek in Windhoek afgehandel waar CCD Tigers, Trustco United en Samsung FNB Wanderers welslae behaal het.
Saterdagoggend het Tigers in Pionierspark teen Wanderers op die veld gestap, terwyl United gasheer vir Mariental in Olympia was. Die middag tweeuur was dit weer Mariental se beurt om by Wanderers besoek af te lê. Die vierde wedstryd is Sondagoggend tussen Tigers en WHS Old Boys Krieketklub by die CCD-veld gespeel.
Wanderers klop Tigers
Tigers het goed daarin geslaag om Wanderers in sy toegelate 120 balle tot 158 vir die verlies van drie paaltjies te beperk. Ongelukkig het hulle nie genoeg skietgoed in die kolfafdeling gehad nie en verloor met 104 lopies nadat Wanderers hulle vir 54 lopies in 17.3 boulbeurte uitboul.
Wessel Myburgh met 56 lopies (53 balle, 3x4 4x6) is goed op dreef met die kolf, maar Ewald Steenkamp se 73 (59 b, 7x4 2x6) help maak ook die verskil vir Wanderers. Myburgh word deur Fortune Matawu van Picky Ya France se boulwerk uitgevang, terwyl Steenkamp deur Ya France gestonk word.
Gerrie Snyman gaan maak 'n vinnige draai voor die paaltjies en word deur Burton Jacobs vir drie lopies geboul. Nicolaas Scholtz (7*) en Niel Rossouw (3*) is die twee laaste kolwers wat nie uitgehaal word nie.
Vir Tigers neem die draaier Burton Jacobs 1/34 en Picky Ya France 2/24.
CCD se speler-afrigter Norbert Manyande met 24 van 42 balle teken die meeste lopies aan, terwyl Mika Mutumbe se 9 die volgende hoogste telling is. Die sewe ekstras wat deur Wanderers afgestaan word, staan ook uit teen die tellings van 0 tot 4 wat die res van die besoekende kolwers behaal.
Vir Wanderers slaan Hendrik Geldenhuys met 3/6, Tershwin Raubenheimer (1/10), Jan-Izak de Villiers (1/6), Nicolaas Scholtz (1/3), Pieter Rossouw (1/6), Herschelle van Schalkwyk (1/8) en Warren van Wyk (2/1) met die bal toe.
United klop Mariental
In Olympia laat AJ de Klerk en Faffa van Wyk die bal werk om as boulers onderskeidelik 3/23 en 2/8 in vier boulbeurte te behaal. Johan du Plessis (1/22, 4 bb) en Kobus Kruger (1/10, 2 bb) ondersteun goed om United se kolftotaal tot 108 vir 8 te beperk.
Luan Reinders met 31 van 34 aflewerings is die gasheerspan se beste kolwer, terwyl paaltjiewagter en openingskolwer Leon Veenstra (36 van 40 balle, 4x4) en Cobus Karsten (33 van 29 balle, 4x4 1x6) so byna vir Mariental die wa deur die drif getrek het.
Ongelukkig is Veenstra uitgehardloop en Karsten been voor paaltjie betrap voordat die besoekers tot 104/8 in 20 boulbeurte beperk is. Juan Binneman neem 2/20 in vier beurte en J. Geldenhuys 1/23 (4 bb) terwyl K. Khan met 3/18 (4 bb) die groot skade aangerig het om Mariental met vier lopies te troef.
Wanderers klop Mariental
Met die suideboere se besoek aan Wanderers het dit aanvanklik voor die wind gegaan en drie onbekende boulers het behoorlik hul merk gemaak.
Johan du Plessis, Petrus Smit en Faffa van Wyk is spelers wat in die toekoms dopgehou kan word.
Die gasheerspan wen die opskiet van die munt en kolf eerste om tot 137 vir 7 beperk te word. Wessel Myburgh (26, 2x4 2x6), Gerrie Snyman (23, 2x4 1x6), Niel Rossouw (23, 3x4) en Jan-Izak de Villiers (24 nie uit nie, 3x4) is die beste kolwers.
Vir Mariental laat stap Johan du Plessis (2/13, 4 bb), Petrus Smit (2/13, 2 bb), Faffa van Wyk (1/22, 4 bb), Corné Karsten (1/26, 3 bb) en Cobus de Klerk (1/26, 3 bb) die kolwers.
Soos vroeër die dag was Wanderers se boulaanval een te veel vir sy mededingers en word die besoekers vir net 49 lopies uitgeknikker. Mariental se hoogste telling kom van Mario Blaauw wat 16 lopies van 21 aflewerings slaan, wat twee viere insluit, maar Wanderers wen die botsing met 88 lopies.
Hendrik Geldenhuys (3/10, 4 bb) en Pieter Rossouw (3/12, 3 bb) slaan met reëlmaat toe met Gerrie Snyman (1/9, 3 bb), Jan-Izak de Villiers (1/5, 2 bb) en Nicolaas Scholtz (1/3, 1 bb) wat ook help om Mariental in net 14.1 boulbeurte uit te boul.
Old Boys tn Tigers
Nadat Tigers eerste gekolf het om 129/4 aan te teken, skok hy WHS Old Boys met 26 lopies toe die besoekers by die CCD-veld op 103/7 in 20 beurte vasval.
Joshuan Julius met 51 nie uit nie (3x4 2x6) is sy span se held, terwyl Ramon Wilmot (18), Picky Ya France (19), Rene Were (6) en Norbert Manyande (20) ook bydra.
Eben van Wyk met 2/22 (4 bb), Ricardo Strauss (1/17, 2 bb) asook Gareth Cloete (1/19, 4 bb) help om die kolftempo laag te hou, maar die ligbloues kan in hul kolfbeurt nie daarin slaag om vastrapplek in Tigers se lêplek te kry nie. Vernon Cloete met 26 teken vir Old Boys die meeste lopies aan, met Christian Schumacher (16) en Jason Bandlow (12) die naaste aan hom.
Vir Tigers help Mika Mutumbe (2/24, 4 bb), John-Erich Thierauch (2/18, 4 bb) en Picky Ya France (2/20, 4 bb) met knap boulwerk die wedstryd beklink.
• Die nuutste puntestand:
Premierliga: Wanderers 16, Old Boys 12, CCD Tigers 12, EBH Welwitschias 12, United 8, Mariental 0. Almal het vyf wedstryde gespeel.
Eerste liga: Wanderers 28, CCD Tigers 16, Zebras 16, Mariental 16, Old Boys V 12, Old Boys II 12, Gobabis 4, United 4. Elke klub het sewe wedstryde gespeel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie