Ondao-projek gedenk twee dekades
Danksy die Ondao Mobieleskool-projek word nomadiese Himba-kinders in die noordweste van die land reeds twee dekades lank in tentskole onderrig.
Die noordwestelike deel van die Kunenestreek wat as Kaokoland bekend staan, is reeds vir nagenoeg 350 jaar die tuiste van die nomadiese en semi-nomadiese OvaHimba, -Zemba, -Tjimba en -Twa wat vir oorlewing met hul vee agter water en weiding aantrek.
Hulle is subgroepe van die Ovaherero wat eeue gelede uit sentraal-Afrika suidwaarts migreer het.
Die Himbas, soos hulle oorkoepelend in die omgangstaal bekend staan, se geïsoleerdheid in dié uitgestrekte gebied van sowat 40 000 km² het hulle van baie ontwikkelingsgeleenthede ontneem. Onderwys was een daarvan.
Die ander rede daarvoor was hulle nomadiese aard. Aangesien hulle met hul vee rondtrek in 'n gebied wat omtrent so groot is soos Denemarke, was dit moeilik om kinders skool toe te stuur.
Die tradisionele ingesteldheid van die Himba het hulle ook teësinnig gemaak om hul kinders by skole en koshuise in te skryf waar hulle Westerse klere moet dra en waar hul tradisies verwater word.
Gevolglik het baie Himba-kinders met onafhanklikwording nog geen formele onderrig ondergaan nie.
In 1998 was die Namibiese Vereniging van Noorweë (Namas) instrumenteel in die totstandkoming van die Ondao Mobieleskool-projek in Kaokoland.
Die geld daarvoor is grootliks deur die Noorweegse Agentskap vir Internasionale Samewerking (Norad) beskikbaar gestel.
Wat behels die projek?
Die doel van die projek was om in samewerking met die ministerie van onderwys mobiele skooleenhede in die gebied te vestig.
Dit het bestaan uit tentklasse wat dit moontlik gemaak het vir die individuele eenhede om saam met die nomadiese Himba rond te trek.
Teen 2004, ses jaar nadat die projek tot stand gekom het, was daar 33 mobiele eenhede met 2 900 geregistreerde leerlinge en 73 onderwysers.
Vandag, 20 jaar later, spog die Ondao Mobieleskool-projek met 38 eenhede, 3 240 ingeskrewe leerlinge en 127 onderwysers, vertel mnr. Amon Kapi, die skoolhoof.
Die mobiliteit het ook oor die jare verminder en baie van die eenhede is nou permanent gevestig. Hoewel hulle nog in tente skoolgaan, het die onderwysers vir hulle meer permanente wooneenhede opgerig.
Tien van die aanvanklike eenhede is ook sedertdien in konvensionele skole omskep, elk met 'n eie skoolhoof en gevestigde infrastruktuur, sê hy.
Volgens 'n verslag wat in 2004 deur die Nordiese Konsultasiegroep saamgestel is, is die Ondao-projek 'n uitstekende voorbeeld van nomadiese onderrig.
Die konsultante het destyds 17 van die 33 skole besoek en met 300 onderwysers, leerlinge en ander betrokkenes onderhoude gevoer.
In daardie stadium het Namas in samewerking met Norad reeds US$1,3 miljoen aan die projek bestee.
Dit is hoofsaaklik aangewend vir operasionele koste soos vervoer, brandstof, instandhouding, tegniese bystand en administrasie.
Die ministerie van basiese onderwys, sport en kultuur, soos dit daardie tyd bekend gestaan het, was verantwoordelik vir die onderwysers en administratiewe personeel se salarisse en die voorsiening van handboeke en ander onderrigmateriaal.
Volgens die verslag het daar in 2004 sowat 16 000 mense in Kaokoland gewoon, waarvan 6 400 kinders van skoolgaande ouderdom was. In daardie stadium was sowat 45% van hierdie kinders ingeskrewe leerlinge by die mobiele eenhede, wat beteken dit was steeds een van die gebiede en kultuurgroepe met die laagste formele onderrigsyfer in Afrika.
Die konsultante het bevind hoewel die inwoners aanvanklik baie skepties was oor die projek, hulle toenemend meer en meer vertroue in die stelsel ontwikkel het.
Die rede daarvoor is dat die Himba-kinders in hul moedertaal onderrig word deur onderwysers wat uit dié gemeenskap kom.
Verder hoef hulle nie afstand te doen van hul tradisionele kleredrag en gebruike nie.
Uit die onderhoude het egter geblyk dat hoewel ouers dankbaar was vir die geleenthede wat vir hul kinders geskep is, hulle ook besef die projek het 'n nuwe era vir hulle ingelui.
Die skoolgaande kinders is gaandeweg al meer aan die Westerse leefwyse blootgestel, selfs al word daarna gestreef om die tradionele kultuur te behou.
Die kinders het leer lees en skryf en geleer om somme te maak en Engels te praat – vaardighede waaroor hul ouers nie beskik nie.
Toerisme, mynbou en ander bedrywighede soos die beplande Baynes-hidrokragprojek het nuwe mense, invloede en idees na die gebied te bring.
Deur onderwys word die Himba bemagtig om hierdie veranderinge beter te hanteer, blyk dit uit die verslag.
Ongeletterde ouers steun sterk op hul kinders wanneer daar met mense van buite gekommunikeer moet word, of saketransaksies aangegaan word.
Uitbreiding tot sekondêre vlak
Mnr. Vidar Wie Ostlie, besturende direkteur van Namas, sê dit bly die strewe van die Ondao Mobieleskool-projek om alle kinders in die gebied aan formele onderwys bloot te stel.
“Daarom is van die belangrike onderwerpe van bespreking of die projek uitgebrei moet word om nie net onderrig tot graad 7 te bied nie, maar ook leerlinge op sekondêre vlak te akkommodeer,” sê hy.
In hierdie stadium sit sowat 80% van die leerlinge ná graad 8 hul onderrig by staatskole elders voort. “Baie kinders kom na Opuwo of gaan na ander staatshoërskole,” sê Kapi.
Volgens Ostlie het Namas se betrokkenheid by die projek oor die jare verminder, met die ministerie wat 'n toenemend groter rol begin vertolk het.
“Ons is egter steeds baie betrokke by die opleiding van onderwysers deur middel van universiteite en kolleges in Noorweë.
“Verder verskaf ons ook steun aan die Hulpbronsentrum vir Onderwysers (TRC) op Opuwo. Dit is 'n onafhanklike instelling wat rugsteundienste aan die projek verleen,” sê Ostlie.
Grootste uitdagings
Volgens Kapi is vervoer en die ver afstande van die grootste uitdagings waarmee hy as die hoof van dié mobiele skool met sy 38 eenhede te kampe het.
Hy en die departementshoofde is op Opuwo gestasioneer en moet ver reis wanneer hulle die onderskeie eenhede besoek. Hy sê die onderwysers kan nie aan hul eie genade oorgelaat word nie en dit is noodsaaklik om goeie bestuur en kontrole uit te oefen asook die vordering te evalueer deur gereeld besoek af te lê.
“Die paaie is egter in 'n swak toestand. Nou, in die reënseisoen, loop die riviere soms en kan ons sekere van die eenhede nie bereik nie.”
Kapi is in 2006 as skoolhoof aangestel, hoewel hy van die begin af by die vestiging van die projek betrokke was. Die eerste skoolhoof was mnr. Jani Tjivikua.
Vir Ostlie is 'n ander groot uitdaging morele bystand en ondersteuning aan onderwysers wat onder moeilike omstandighede werk.
“Hulle moet in tente woon of hul eie huise bou. Hulle het ook nie altyd vervoer nie en moet baie keer improviseer en die beste maak van dít wat tot hul beskikking is,” sê hy.
Ofskoon die Ondao-projek sy uitdagings het, glo Kapi dit het, soos die naam sê, “genesing” gebring vir die onderwysprobleem in die gebied.
“'Ondao' is die naam van 'n wildevrug met genesende eienskappe. Die gemeenskap het gesê hulle wil 'die siekte van 'n gebrek aan onderrig' genees, daarom is die projek destyds na hierdie vrug vernoem,” vertel Kapi.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie