Onderbreking in krag bederf nie entstof
Die gesondheidsministerie konsulteer met die vervaardigers van AstraZeneca en Sinopharm of ‘n effense daling in temperatuur skade tydens ‘n kragonderbreking aan 22 dosisse entstowwe kon veroorsaak het.
Henriette Lamprecht – Net ’n bietjie entstof was in ’n yskas by die Windhoek Sentrale Hospitaal toe dit Sondagaand ’n kragonderbreking ervaar het.
Volgens die hoof van Namibië se taakspan vir die land se immuniseringsveldtog en adjunk- uitvoerende direkteur van gesondheid en maatskaplike dienste, me. Petronella Masabane, was daar ten tyde van die kragonderbreking vier dosisse Sinopharm en 18 dossise AstraZeneca in die hospitaal. Volgens Masabane het die “temperatuur effens gedaal”.
“Ons konsulteer met die vervaardigers oor stabiliteitstudies en riglyne oor hoe om die dosisse nou te hanteer en wag nog op terugvoer,” het sy by navraag gesê.
Intussen word dit tans in die yskas by nou gestabiliseerde temperature gehou.
Volgens die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, is die kragonderbreking veroorsaak tydens die aansluiting van ’n nuwe stelsel by die hospitaal wat suurstof genereer. Shangula sê die probleem is ondersoek en die kragtoevoer is herstel.
‘LAND TROTS GEMAAK’
Intussen het Windhoek se burgemeester, dr. Job Amupanda, wyd in die sosiale media oor die onderbreking berig. Volgens hom kon die hoofstad se munisipaliteit se elektrisiteitspan ter ondersteuning van die regering se elektrisiëns suksesvol daarin slaag om die kragtoevoer te herstel.
“Ek het hulle werk gesien en hulle het hul land trots gemaak,” het hy gesê.
Amupanda het ’n private kontrakteur wat die tender ontvang het om die suurstoftenk te installeer, die skuld vir die kragonderbreking gegee. Volgens hom het hy “swak werk gedoen” en veroorsaak dat die stroombreker uitgebrand het. Dit het daartoe gelei dat kragtoevoer na die hospitaal, insluitend die intensiewesorgeenheid (ICU) en ventilators, onderbreek is.
Intussen het die Namibiese Kamer van Koophandel (NCCI) by monde van sy president, mnr. Bisey Uirab, berigte weerlê dat die nuwe suurstoftenk die kragonderbreking veroorsaak het.
Volgens Uirab het alle rolspelers in die private sektor wat deel vorm van die NCCI hul toewyding beklemtoon om die regering met die voorsiening van suurstof in hospitale midde die Covid-pandemie te help. Die NCCI sal daarom nooit toelaat dat onervare kontrakteurs so ’n kritieke opdrag uitvoer wat die regering se pogings in die wiele sal ry nie.
“Ons het waardering vir die pogings deur die regering sowel as maatskappye en individue om ’n bydrae tot die voorsiening van suurstof te maak.
“Ons private sektor-inisiatief sal voortgaan om beduidende hoeveelhede suurstof gratis en in koördinering met die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste sowel as ander kommersiële verskaffers te lewer," het Uirab gesê.
Die uitvoerende direkteur in die ministerie, mnr. Ben Nangombe, het op sy beurt gesê die kragonderbreking het nie grootskaalse skade aangerig nie, maar hy wag nog op die volledige verslag van die elektriese span.
HERVERSPREI
Masabane het met verwysing na die verspreiding van beskikbare entstof gesê distrikte is geïdentifiseer waar die opname vir inentings stadig was Vierduisend tweehonderd dosisse AstraZeneca en 6 700 dosisse Sinopharm word nou herversprei.
Sy het beklemtoon dié wat nie nou hul tweede dosis entstof kan kry nie, hoef nie weer van voor af met die proses te begin wanneer die land weer entstowwe ontvang nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie