‘Ondergang van melkerye baie traumaties’
Alet Van Der Walt – “Dit is vir die meeste melkboere ’n emosionele saak en die ondergang van melkerye in die binneland is baie traumaties,” sê Koos Pienaar, ’n boer van Theunissen en voormalige voorsitter van die Melkprodusente-organisasie (MPO) in die Vrystaat.
’n Groot groep boere het Dinsdag in Kroonstad ’n vergadering bygewoon om die krisis in die melkbedryf in die Vrystaat te bespreek.
Danie du Plooy, ’n boer van Bultfontein, het die vergadering gereël. Du Plooy het die land aan die praat gehad oor melkboere se krisis toe hy eers 6 000 liter melk op die grond laat uitloop het en toe gesê het hy gaan saam met die EFF aan ’n optog deelneem om aandag op die melkkrisis te vestig.
Du Plooy sê daar was ongeveer 60 mense op die vergadering
Pienaar sê byna elke plaas in die Vrystaat het ’n melkery gehad en dit was die anker van die boerdery.
“In 1994 was daar meer as 2 000 melkboere in die Vrystaat, nou is daar nie eens meer soveel in die land oor nie,” sê Pienaar.
Hy sê 10 000 mense het in melkerye oor die provinsie heen gewerk. Nou is daar minder as 100 melkerye oor wat nie eens werk aan 1 000 mense kan verskaf nie.
Boere op die vergadering was baie ontsteld omdat onlangs gesê is baie van die boere se kontrakte is opgeskort omdat daar water was in die melk wat hul gelewer het.
Du Plooy sê toe die melkkarweiers nie meer in die Vrystaat wou melk oplaai nie, het hulle begin sê daar is water in die melk.
Pienaar sê die probleem is dat boere deesdae uitgelewer is aan die karweiers wat die melk aan die aankoper verskaf.
“Daar het ’n verwydering tussen die melkboer en die aankoper gekom omdat die aankoper nou nie meer regstreeks met die boer skakel nie,” sê Pienaar.
Boere verkwalik ook die MPO omdat hulle voel dié organisasie doen nie veel om hulle te help nie, sê Pienaar.
Dr. Chris van Dijk, hoof van die MPO, het voorgestel dat boere dit oorweeg om self melktenkers aan te koop en self hul melk te vervoer.
In 1994 was daar meer as 2 000 melkboere in die Vrystaat, nou is daar nie eens meer soveel in die land oor nie.
Cora Roux, ’n melkboer van Reitz, was in trane toe sy op die vergadering vertel het hoe sy van haar geliefde melkkoeie moes laat slag omdat sy hulle nie verkoop kon kry nie.
Roux en nog Vrystaatse melkboere het in Julie kennis gekry dat Desmandia, ’n melkkarweier, nie meer hul melk gaan oplaai nie.
Desmandia wou nie redes vir dié besluit verskaf nie.
Jaco de Villiers, ’n boer van Hennenman, sê daar is in die suiwelbedryf geen behoorlike kontrakte soos in die graanbedryf nie.
Hy sê melkboere se geldelike posisie is so benard dat hulle ook nie die vermoë het om teen kontrakbrekers op te tree nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie