Onderhandelinge gevoer vir Machar se terugkeer
Onderhandelinge vir die terugkeer van die voormalige opposisieleier van Suid-Soedan uit ballingskap in Suid-Afrika, sal die vredesproses weer op koers plaas.
Onderhandelinge is tans in Suid-Afrika aan die gang om die vrylating van die voormalige opposisieleier van Suid-Soedan, Riek Machar, uit dié land te bewerkstellig.
Volgens 'n Suid-Soedannese rebellewoordvoerder, is streekleiers betrokke by die onderhandelinge wat daarop gemik is om die voormalige leier van die Sudan People's Liberation Army-In Opposition (SPLA-IO) uit aanhouding vrygelaat te kry, het die Sudan Tribune gister berig.
“Wel, dit is waar dat die Inter-regeringsowerheid vir Ontwikkeling (Igad) se hoofde besig is om vir die vrylating van ons voorsitter, dr. Riek Machar, uit gedwonge ballingskap in Suid-Afrika te onderhandel. Ons glo sy terugkeer sal 'n einde bring aan die oorlog in Suid-Soedan,” het Nathaniel Perieno gesê.
Perieno, wat deur die rebelle as goewerneur in Imatong aangestel is, sê die proses het begin ná 'n vergadering tussen die Ethiopiese eerste minister, Hailmariam Deselgn, en die Soedannese president, Omar Al Basjir, in Khartoem verlede week.
Die Ugandese president, Yoweri Museveni, het op sy beurt met 'n ander groep uit Addis Abeba in die Ugandese hoofstad, Kampala, vergader waartydens die kwessie ook bespreek is.
Machar se vryheid word ook deur Museveni ondersteun, het Perieno gesê, en bygevoeg dat sy vrylating positief tot die herlewing van die vredesproses in die oorloggeteisterde Suid-Soedan sal bydrae.
Dit sal behels dat die gewapende ondersteuners van beide president Salva Kiir en Machar die wapens neerlê, het Perieno gesê.
“Ek is hoopvol dat die Igad-geleide herlewingsproses vroeër eerder as later weer vrede in Suid-Soedan sal bewerkstellig.”
Tienduisende mense het gesterf en meer as twee miljoen mense moes vlug as gevolg van die geweld in Suid-Soedan wat deur die politieke verskille tussen Kiir, 'n Dinka, en Machar, 'n Nuer, aangevuur is.
Machar het in April verlede jaar ná die ondertekening van 'n vredesooreenkoms na die Suid-Soedannese hoofstad, Juba, teruggekeer. Dit was sowat twee jaar nadat die burgeroorlog in die land uitgebreek het.
Met sy aankoms het 'n argument tussen hom en sy aartsvyand, Kirr, ontstaan oor watter wapens hy en sy manne toegelaat sal word om die land in te bring.
Hy is ingehuldig as die eerste visepresident in die eenheidsregering wat ná die beëindiging van die konflik tot stand gekom het. Kort daarna het gevegte egter weer uitgebreek en Machar het na die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) gevlug voordat hy hom as banneling in Suid-Afrika gevestig het.– Nampa/ANA

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie