Ondernemings bloei leeg
Die ekonomiese nood van ondernemings blyk uit hofstukke wat voorberei is deur werkgewersliggame en sommige van hul lede.
Ronelle Rademeyer - Die aansoek deur twee werkgewersliggame en vyf maatskappye in die safari-, lugvaart-, vervoer- en drukkersbedryf om sekere van die “drakoniese” arbeidsregulasies ongrondwetlik en gevolglik ongeldig te laat verklaar, sal op 29 Mei in die hoërhof in Windhoek dien.
Dié gewraakte regulasies in proklamasie 9 van 2020 is ingevolge die Covid-19-noodtoestand uitgereik. Dit verbied werkgewers om werknemers af te lê of hul werkskontrakte te beëindig, ongeag die impak van die inperkingsmaatreëls op ondernemings se inkomste.
Verklarings wat ter ondersteuning van die aansoek by die hoërhof ingedien is, skets ’n somber prentjie van die ekonomiese ellende waarin ondernemings vanweë die noodtoestand en inperkingsmaatreëls gedompel is.
Buiten die Namibië Werkgewersfederasie (NEF) en die Namibië Werkgewersvereniging (NEA), is die partye wat die aansoek bring Huab Safari Ranches, John Meinert Printing, FP du Toit Transport, Jet X Couriers en Skycore Aviation.
Mnr. Daan Strauss, president van die NEF, sê in die funderende eedsverklaring die regulasies is buite die magte van Artikel 26(5) van die Grondwet geneem wat handel oor die president se bevoegdhede tydens ’n noodtoestand.
Sy eweknie by die NEA, mnr. Henry Bruwer, sê dié vereniging se lede bestaan uit 117 ondernemings wat sake in die gasvryheidsbedryf, konstruksie, vervaardiging, mynbou en ander sektore doen. Hulle gesamentlike maandelikse salarisrekening is N$39 miljoen.
Volgens hom het die vereniging nie aan enige grondliggende besprekings met die ministerie van arbeid, nywerheidsontwikkeling en werkskepping en vakbonde deel gehad voordat die regulasies afgekondig is.
Mnr. Stephan Terblance, uitvoerende hoof van die groep FP du Toit Transport, sê dié groep se inkomste het met 90% gedaal.
Hy sê in sy eedsverklaring omdat net 30% van die maatskappy se besigheid uit die vervoer van noodsaaklike items bestaan, het 70% van die vloot van 560 vragmotors gestaan.
Volgens hom is ’n ooreenkoms met werknemers aangegaan om in Mei, Junie en Julie hul werksure en salarisse met 50% te sny. Dit is gedoen voordat die proklamasie uitgevaardig is.
Hy sê nadat regulasies in die Staatskoerant gepubliseer is, het van die werknemers dié besluit begin bevraagteken ofskoon aan hulle verduidelik die besluit is geneem om hulle in diens te kan hou.
FP du Toit Transport is 52 jaar reeds in bedryf en die groep verskaf werk aan 733 mense.
Die regspanne van die applikante doen in ’n kennisgewing wat vandag in koerante verskyn, ’n beroep op mense en instansies met “’n direkte en substansiële belang” by die regshulp wat gevra word, om deel te word van die geding. Hulle moet nie lede van vakbonde of vakbondfederasies wees nie.
Nuwe toetreders tot die geding se beëdigde verklarings moet ingevolge die hofreëls teen 22 Mei geliasseer word. Voorverhoorverrigtinge vind op 26 Mei in die hoërhof plaas.
Vir meer inligting kan belangstellendes ’n e-pos na [email protected] en [email protected] stuur.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie