Onderrig ruk dood

Vier vraestelle deur staking geraak
Ronelle Rademeyer
Onderwysredaksie - Onderwys het gister landwyd tot stilstand gekom, met leerlinge, veral die graad 10’s en graad 12’s wie se vraestelle van gister en vandag uitgestel is, as die groot verloorders.

Die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-­Himarwa, het Woensdagnag ’n brief aan skole gestuur waarin sy opdrag gegee het dat die graad 10- en graad 12-ek­samens wat gister en vandag geskryf moes word, in beide die staat se skole en private skole uitgestel word. Die eksamen sal weer Maandag normaal voortgesit word, het sy gesê.

Die graad 10’s se eerste vraestel in geïntegreerde uitvoerende kunste van gister asook die lewensweten­skap (biologie-) vraestel van vandag, is uitgestel. Die graad 12’s se vrae­stelle vir wiskunde en entrepreneur­skap is geraak.

Dit geld egter net private skole wat die Cambridge-leerplan volg, aangesien hulle leerlinge dieselfde vrae­stelle skryf as leerlinge in staatskole.

Terwyl die meerderheid van leerlinge­ se versugting was om toegelaat te word om ongehinderd hul akademiese program voort te sit, het onderwysers die skuld vir dié krisis voor die deur van die regering gelê.

Onderwysers in die Khomasstreek het gisteroggend van seweuur af oorkant die Sentrum vir Onderwyshulpbronne (TRC) in Katutura vergader om hul ontevredenheid oor die 5%-verhoging wat die regering hulle aangebied het, te laat hoor.

Die kringinspekteur van onderwys in die Khomasstreek, mnr. Milton ya Otto, is by die Sekondêre Skool Immanuel Shifidi raakgeloop op sy rondte om die minister se brief per hand aan skoolhoofde te oorhandig. Volgens Ya Otto was daar net ’n handjie vol onderwysers by die skole wat hy reeds aangedoen het, met nie ’n enkele onderwyser by dié skool nie.

Ouers wat hul kinders oudergewoonte skool toe geneem het, is later laat weet om hulle weer te gaan haal. Die Delta-skool in Windhoek het ook ’n kennisgewing uitgestuur dat alle koshuisleerlinge voor 18:00 gister deur ouers gehaal moet word.

Ya Otto het aanRepublikein gesê dit is die eerste keer in die geskiedenis van Namibië dat onderwysers staak en dit het verreikende gevolge. Die kinders wat met eksamen besig was, word geestelik afgetakel, het hy bygevoeg. “Die bedrag wat vir die eksamen begroot is, sal nou moet verdubbel, het hy gesê.

Hoë verwagtinge

“Die kinders het hoë verwagtinge­ vir die eksamen, veral die graad 12-leerlinge­ wat verder wil gaan studeer en hul eindeksamenpunte nodig het.

Die kinders word geraak, die onderwysers, die ouers en so ook die land oor die algemeen,” het hy gesê. Die eksamen sal volgens hom nou nie binne die geskeduleerde tyd afgehandel kan word nie. “Wat nou van die leerlinge wat dalk al werk gekry het,” wou Ya Otto weet.

’n Graad 12-leerling by die Sekondêre Skool Jan Jonker Afrikaner in Katutura, Antonette Domingo, het gesê die onderwysers verdien die 8% wat hulle van die regering vra. “Sommige van die mense sit in die regeringskantore en eet net geld verniet,” het sy gesê. Sy sê sy blameer die regering, want hy is ’n keuse gegee. “Die onderwysers verdien dit, en die Klas van 2016 sal volgende jaar sonder enige vereistes by verskeie universiteite met hulle studies gaan begin,” het sy bygevoeg.

Duncan Towe, ook ’n graad 12-leerling by dié skool, sê hy het by NamPower om ’n beurs aansoek gedoen en moet sy eindeksamen-uitslae by die aansoek aangeheg, maar hy weet nie of die uitslae betyds beskikbaar sal wees nie.

Cynthia Mutwa, sy klasmaat, het gesê hulle kan nie ’n jaar net by die huis sit nie. “Die hele ding sal ’n negatiewe uitwerking op ons lewens hê.”

Me. Helena Eises, ’n ma van ’n graad 10-leerling by Immanuel Shifidi, het gevra wat word van die kinders as hulle nie nou eksamen skryf nie. “As die kinders druip, gaan hulle soos gewoonlik net strate toe en lê leeg. Ek is baie ongelukkig oor die situasie.”

Die streekvoorsitter van die Namibië Nasionale Onderwysersunie (Nantu), mnr. Kevin Kahungi, het aanRepublikein gesê onderwysers sal nie terugkeer skool toe voor hulle nie ’n verhoging van 8% kry nie. Hy het belanghebbendes vir hul ondersteuning tydens die staking gevra.

Elders in die land

Stil en rustig is hoe die eerste dag van die nasionale onderwyser­staking op Rehoboth verloop het.

Skole soos Dr. Lemmer Hoërskool was verlate met net enkele administratiewe personeel op kantoor. Kinders was tuis of het met maats op straat die afdag geniet. Onderwysers van tien van die skole in en om die dorp het sedert seweuur die oggend by die Markplein bymekaar gekom. Daar het hulle gesels, gebraai en mekaar moed ingepraat. Volgens ’n onderwyser, mnr. Erich Beukes, beplan die onderwysers om weer vandag daar byeen te kom.

In die Erongostreek was die prentjie dieselfde. Tientalle onderwysers het by die stadsaal op Swakopmund bymekaar gekom om hul ontevredenheid oor die regering se voor­gestelde 5%-salarisverhoging te wys.

Nantu se voorsitter in dié streek, mnr. Jonathan Tsuseb, het aanRepublikein gesê dit is jammer dat die staking tydens die eksamen plaasvind. “Dit was nie ons bedoeling om die eksamens in die wiele te ry nie. Dit is juis die rede waarom ons vroeg in die jaar die ministerie al genader het om met onderhandelinge te begin. Die ministerie het dit heeltyd uitgestel. As hulle bereid was om ons vroeër tegemoet te kom, sou dit nie gebeur het nie,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-09-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad | Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla | Leganés 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa | Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City F1: Singapore GP First:Lando Norris McLaren 01:40:53 Second:Max Verstappen Red Bull + 00:00:20.945 Third:Oscar Piastri McLaren + 00:00:41.823 Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 21° | 35° Eenhana: 22° | 35° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 21° | 31° Otjiwarongo: 19° | 31° Omaruru: 18° | 33° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 13° | 22° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:45, High tide: 14:07, Low Tide: 20:11, High tide: 02:00 Swakopmund: 13° | 16° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:43, High tide: 14:05, Low Tide: 20:09, High tide: 02:00 Walvis Bay: 12° | 23° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:43, High tide: 14:04, Low Tide: 20:09, High tide: 02:00 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 19° | 34° Keetmanshoop: 20° | 35° Aranos: 17° | 33° Lüderitz: 14° | 22° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 22° | 23° Gaborone: 10° | 25° Lubumbashi: 19° | 33° Mbabane: 7° | 19° Maseru: 8° | 20° Antananarivo: 14° | 28° Lilongwe: 17° | 23° Maputo: 13° | 23° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 15° | 28° Durban: 12° | 23° Johannesburg: 9° | 21° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 16° | 23° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.15 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.42 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14246.86 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 622.23/OZ UP +1.35% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 884.80/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 74.74/BBP DOWN -0.0019 | Platinum US$ 976.09/OZ DOWN -0.0067 Sport results: Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad | Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla | Leganés 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa | Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City F1: Singapore GP First:Lando Norris McLaren 01:40:53 Second:Max Verstappen Red Bull + 00:00:20.945 Third:Oscar Piastri McLaren + 00:00:41.823 Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 21° | 35° Eenhana: 22° | 35° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 21° | 31° Otjiwarongo: 19° | 31° Omaruru: 18° | 33° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 13° | 22° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:45, High tide: 14:07, Low Tide: 20:11, High tide: 02:00 Swakopmund: 13° | 16° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:43, High tide: 14:05, Low Tide: 20:09, High tide: 02:00 Walvis Bay: 12° | 23° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:43, High tide: 14:04, Low Tide: 20:09, High tide: 02:00 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 19° | 34° Keetmanshoop: 20° | 35° Aranos: 17° | 33° Lüderitz: 14° | 22° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 22° | 23° Gaborone: 10° | 25° Lubumbashi: 19° | 33° Mbabane: 7° | 19° Maseru: 8° | 20° Antananarivo: 14° | 28° Lilongwe: 17° | 23° Maputo: 13° | 23° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 15° | 28° Durban: 12° | 23° Johannesburg: 9° | 21° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 16° | 23° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.15 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.42 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14246.86 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 622.23/OZ UP +1.35% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 884.80/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 74.74/BBP DOWN -0.0019 | Platinum US$ 976.09/OZ DOWN -0.0067