Onderrig van gestremdes kort visie
Die ministerie sal blootgestel word aan alle stadiums van ingryping vir kinders met gehoorverlies – van geboorte, opleiding tot integrasie in die werksmag.
Volgende week sal ’n amptenaar van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur die geleentheid hê om ’n opvoedkundige toer na Duitsland te onderneem.
Dít danksy Clash, die Vereniging vir Kinders met Taal-, Spraak- en Gehoorgestremdhede in Namibië, wat dié toer van 10 tot 18 November aanbied.
Volgens ’n nuusverklaring is die doel hiervan om die ministerie te help met ‘n visionêre benadering tot ‘n plaaslike onderrigstelsel vir gestremdes, wat die vroeë jare van kinderontwikkeling insluit.
Me. Leopoldine Nakashole, adjunkdirekteur van spesiale onderrigprogramme vir skole, sal deur me. Heide Beinhauer, Clash se direkteur, vergesel word. Beinhauer bied onderrig aan vir kinders met taal-, spraak- en gehoorgebreke.
Die toer, wat deur ‘n private borg gefinansier word, sal Nakashole na Oldenburg, Osnabrück en Hannover in Nedersaksen neem en uiteindelik ook na Hamburg - 'n groot hawestad in Noord-Duitsland.
Dít volg kort nadat Clash en die ministerie ‘n samewerkingsooreenkoms onderteken het.
Dié ooreenkoms erken jare van noue samewerking tussen Clash en die ministerie, en dui ook moontlike toekomstige ontwikkelings aan.
Die doel hiervan is die integrasie van gespesialiseerde vroeë onderrig aan kinders met gehoorgebreke, bemagtingsprogramme vir ouers, en formele onderrig in regeringskole vir gehoorgestremdes.
Die toer na Duitsland sal besoeke aan prominente, internasionaal erkende gesondheids- en opvoedkundige geriewe insluit en 'n omvattende oorsig van beskikbare dienste, ingrypings- en rehabilitasiemaatreëls bied.
Nakashole sal die geleentheid hê om alle stadiums van ingryping te aanskou vir kinders met gehoorverlies, van gehoortoetse vir pasgebore babas, die passing van gehoortoestelle, kogleêre implantings, voorskoolse en hoërskoolonderrig, beroepsopleiding, asook tersiêre onderrig, tot die suksesvolle integrasie van goed gekwalifiseerde gehoorgestremde individue in die arbeidsmag.
Sy sal ook die geleentheid kry om beide ‘n sentrum vir gesig- en gehoorgestremde kinders te besoek, asook die Evangelische Stiftung Alsterdorf.
Die Universiteit van Hamburg sal haar wys hoe hulle onderwysers oplei om in verskeie gestremdheidsvelde te spesialiseer, terwyl die Instituut vir Duitse Gebaretaal haar meer sal leer oor gebaretaalnavorsing, taalkunde en die opleiding van gebaretaal-tolke.
Lufthansa Technik sal wys hoe hulle te werk gaan om gehoorgestremde vliegtuig-tegnici aan te stel.
Volgens die verklaring is dit ‘n voorreg vir Clash om die ministerie op so ‘n toer te kan vergesel en sal dit die holistiese, dog individuele benadering tot onderrig verbeter waarna beide instansies streef.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie