Onderrok hang uit
Onderrok hang uit

Onderrok hang uit

Ronelle Rademeyer
Namibië was vanjaar te veel keer om heel die verkeerde redes in die internasionale oog.

Sy bande met Noord-Korea, afgraderings deur krediet­agentskappe en nou ook sy verskyning op die Europese Unie (EU) se lys van lande wat nie hul samewerking gegee het met internasionale belastingkwessies nie, is grofgeskut teen beleggersvertroue.

Die land se brose ekonomie kan nie nou enige slegte publisiteit bekostig nie.

As dit boonop soos met die EU-petalje lyk asof iemand nie sy/haar werk behoorlik gedoen het nie, is optrede nodig.

Namibië het die sperdatum gemis wat deur die Europese minister van finansies aan hom gestel is oor bepaalde kwessies betreffende belasting-deursigtigheid.

Boonop is daar teenstrydighede in die verduidelikings wat deur die EU-ambassadeur, me. Jana Habyskova, en die minister van finansies, mnr. Calle Schletwein, oor dié belangrike kommunikasie gegee is.

Volgens haar het die EU in Julie en weer in Oktober in 'n brief aan die ministerie gemaan die sperdatum van 17 November sluip nader.

Volgens hom is die ministerie vir die eerste keer op 17 November deur die EU in verband met die belastingkwessie gekontak.

Dit wil voorkom asof Schlettwein se amptenare hom nie oor die skrywes ingelig het nie. Afgesien van die inhoud van die briewe en Namibië se reaksie daarop, is dít onverskoonbaar.

Namibië kan nie peperduur internasionale staatsreise onderneem om met voornemende beleggers skouer te skuur, en dan hang sy onderrok uit nie.

Hierdie is méér as 'n administratiewe glips; dit saboteur vertroue.





Netwerk24, 11 Desember 2017

Sien om na waterinfrastruktuur

Water is die nuwe goud waarin belê moet word, het Nomvula Mokonyane, minister van water en sanitasie, verlede Dinsdag op Suid-Afrika se eerste beleggingskonferensie vir waterinfrastruktuur gesê.

Dis waar, veral as jy in ag neem dat Suid-Afrika een van die 30 droogste lande ter wêreld is met 'n gemiddelde jaarlikse reënval van 450 mm per jaar teenoor die wêreldgemiddelde van 860 mm.

Wat egter geheel en al onverstaanbaar is, is waarom haar departement dan kon toelaat dat waterinfrastruktuur só kon agteruitgaan dat tot sowat 37% van skoon drinkwater deur lekkasies verlore gaan.

Dit moet deel word van elkeen se ingesteldheid dat daar nie 'n druppel te mors is nie, terwyl die owerhede op alle regeringsvlakke dringend hul infrastruktuurbeplanning moet hersien.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!