Ondersoek nu00e1 babas met misvormde hande gebore is
Ondersoek nu00e1 babas met misvormde hande gebore is

Ondersoek ná babas met misvormde hande gebore is

Ondersoek word gedoen ná babas by ‘n hospitaal in Gelsenkirchen, Duitsland, met misvorming gebore is.
Duitse gesondheidsowerhede ondersoek die geboorte van drie kinders met misvormde handjies in ’n hospitaal in Gelsenkirchen in die weste van die land.

Misvormde ledemate kom selde voor en drie gevalle in sowat twee maande in een hospitaal is meer as genoeg om vrae te laat ontstaan.

Die drie is in die Sankt Marien-hospitaal gebore en het al drie ’n misvormde handjie gehad, twee se linkerhande en een se regterhand. Die geboortes was tussen Junie en begin September, berig CNN.

In al drie gevalle was die voorarm normaal ontwikkel en was net die palm en vingers onderontwikkel.

Al drie ouerpare woon in die omgewing, maar hul etniese, kulturele of sosiale faktore verskil, berig Sankt Marien-Hospital Buer.

“Die dokters weet nie wat die misvormings veroorsaak het nie. Die ouers woon wel in dieselfde gebied.” Die hospitaal sê hulle is verstom dat hulle drie gevalle in so ’n kort tyd sien. Statisties is daar 1% tot 2% van babas wat by geboorte misvorm is, berig Iflscience.com.

Pogings om vas te stel of dit elders in die land of moontlik op dieselfde tye gebeur, word gefnuik omdat hospitale nie sulke geboortes aanteken nie.

Die voorvalle het onder mense se aandag gekom nadat ’n vroedvrou gesê het sy het sowat 30 sulke geboortes in die laaste jaar hanteer. Dié getal is nie deur kenners bevestig nie.

The Times skryf dit herinner aan die talidomied-skandaal in die 1960’s toe duisende babas wêreldwyd met misvormde ledemate gebore is.

Talidomied is as ’n ligte slaappil bemark wat ook deur verwagtende vroue gebruik kon word. ’n Australiese dokter, William McBride, het eerste keer agtergekom die misvorming is beperk tot ma’s wat talidomied gebruik het en ’n wetenskaplike artikel daaroor in die mediese tydskrif Lancet geskryf.

Die pil is van die mark gehaal. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!