Ondersoek na dood van woestynleeu
Ondersoek na dood van woestynleeu

Ondersoek na dood van woestynleeu

Des Erasmus
Des Erasmus - ‘n Span van die woestynleeu-navorsingsprojek van dr. Flip Stander, verteenwoordigers van die ministerie van die omgewing en toerisme en die polisie is die naweek ingewag waar ‘n woestynleeumannetjie, XPL 98, in die Ugabvallei dood aangetref is.

‘n Veeinspekteur van Uis is blykbaar ‘n lid van die geselskap.

Die dooie leeumannetjie by die tweede moeras van die Ugabrivier wes van Uis is Dinsdag deur ‘n besoekende veearts van Duitsland, dr. Sven-Michael Corbs, aangemeld. Hy het in ‘n woestynpaadjie op die dooie leeu afgekom. Daar was geen teken van geweld of ‘n sparteling op die toneel nie en die dood aan natuurlike oorsake het blykbaar enkele ure tevore ingetree. Dr. Corbs is ‘n man met ‘n besondere belangstelling in die natuurlewe en is ‘n toeris in Namibië. ‘n Vriendin was blykbaar saam met Corbs toe die eerste keer op die leeukarkas afgekom is.

Corbs het op sy beurt met ‘n sielsgenoot op die gebied van natuurlewe op Swakopmund geskakel en ‘n herbergier en toerleier van Uis, mnr. Basil Calitz, is gevra om ondersoek te gaan instel. Calitz het danksy beskikbare koördinate op die karkas afgekom. Ook hy is van mening dat die dood as gevolg van natuurlike oorsake ingetree het. Hy en Corbs het albei van die nekband van die leeu getuig wat daarop dui dat dit deel in die woestynnavorsingsprojek van dr. Flip Stander. Stander is laat weet en hy sou na verwagting laat Saterdagmiddag op die toneel wees.

Skattings oor hoeveel leeus nog by die tweede moeras van die Ugabrivier aangetref word, wissel van tussen ses en tien. Die ouderdom van die mannetjie word op sowat vyf jaar geskat.

Corbs en Calitz het niks op die toneel versteur nie in afwagting op die koms van ‘n ondersoekspan. ‘n Bevinding van die oorsake sal na verwagting ná monsterontleding aangekondig word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!