Ondersoek na WikiLeaks-stigter laat vaar
Ondersoek na WikiLeaks-stigter laat vaar

Ondersoek na WikiLeaks-stigter laat vaar

Swede het sy ondersoek na WikiLeaks-stigter, Julian Assange, laat vaar, het die owerhede bekend gemaak. Die land se direkteur van openbare vervolging, Marianne Ny, sê die voorlopige ondersoeke na verkragting en seksuele aanranding is gestaak, berig The Independent. Assange het op dié nuus gereageer deur ’n foto van homself te twiet waarin hy in die Ecuadoriaanse ambassade in Londen glimlag.
Hy woon hier om uitlewering aan Amerika vry te spring as hy na Swede gestuur word. Die Australiër het in Junie 2012 in die ambassade skuiling gesoek nadat Sweedse staatsaanklaers ’n Europese lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik het ná bewerings dat hy twee vroue verkrag en seksueel aangerand het toe hy hulle in 2010 tydens ’n besoek aan Swede ontmoet het.
Hy ontken die aantygings en sê daar skuil politieke dryfvere daaragter. Hy voer aan die twee vroue het toegestem tot die seksuele dade. Volgens die BBC kan hy in Amerika vervolg word weens honderdduisende geheime militêre en diplomatieke dokumente wat hy laat uitlek het.
Nadat die nuus Vrydag bekend gemaak is, het WikiLeaks getwiet dat die “fokus nou na Brittanje verskuif” en gesê Brittanje het “geweier om te erken of ontken of ’n lasbrief vir Assange al van Amerika ontvang is, maar dat hy nietemin in hegtenis geneem sal word”. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!