Ondersoek nodig na leerlingsalarisse
Ondersoek nodig na leerlingsalarisse

Ondersoek nodig na leerlingsalarisse

Dani Booysen
Verlede week is op sosiale media woes gedebatteer oor beweringe dat leerlingdokters se vergoeding met 75% ver­minder gaan word.

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het hierdie en ander gerugte as fopnuus verwerp, maar erken dat salarisse van pas gegradueerdes in mediese beroepe hersien word.

Om 'n klip in die bos te gooi, sal jong afgestudeerdes in ander beroepe wat ook eers praktiese sertifisering moet ondergaan dalk wonder hoekom leerlingdokters meer as N$20 000 plus talle gratis byvoordele ontvang.

Nie dat leerlingmedici kleingeld moet verdien nie. Veral as die staat studies gefinansier het, is daar 'n argument uit te maak dat die leerskool van praktiese opleiding deel van nasionale diens is. Leerlingdokters sal dus by enige hospitaal geplaas kan word.

'n Mens wonder of vergoeding uitermate verhoog is in tye toe jong dokters dringend na ­Namibië gelok moes word.

Die situasie het intussen drasties verander. Weens die stigting van Unam se mediese skool en die toekenning van groot getalle oorsese studiebeurse sal sowat 800 dokters en ander mediese beroepslui binne die volgende klompie jaar praktiese opleiding benodig.

Voldoende plek hiervoor en die sertifisering van genoeg opleidingshospitale is 'n vraagstuk. Maar daar is ook 'n geldaspek – daar sal logies minder geld vir leerlingsalarisse wees.

Om regverdigheid en mede­dingendheid te verseker, moet plaaslike vergoeding aan praktyke in buurlande en elders gemeet word.



So sê ander

18 Oktober 2017



Beeld, Die Burger en Volksblad sê



Die beste belang van die land en doeltreffende regering was weer eens glad nie deel van die oorwegings met pres. Jacob Zuma se jongste kabinet­skuiwe nie.

Ontleders was dit eens dat hy sy greep op die deurvoer van 'n kernkragooreenkoms met die Russe wil verstewig. In die proses versterk hy ook sy binnekring in die kabinet en kry 'n maaghou in na die SAKP, wat nou al maande vra dat hy bedank. Indien die jongste skuiwe saam met die Zuma-faksie se politieke beheer oor die tesourie gelees word, is dit 'n belangrike oorwinning vir die staatskapers.Dit wys ook dat Zuma, terwyl hy nog in 'n magsposisie is, nie gaan bes gee nie. Wanneer hy 'n terugslag kry, slaan hy net harder terug. 'n Sterk burgerlike samelewing gaan nodig wees om seker te maak Zuma se manewales is die begin van die einde van 'n era, eerder as die voortsetting daarvan.• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!