Ondersoek polisiegeweld, su00ea Swapo
Ondersoek polisiegeweld, su00ea Swapo

Ondersoek polisiegeweld, sê Swapo

Die streekkantoor het gereageer op ’n video waarin gesien kan word ’n Shoprite-werker is ernstig gewond.
Sanet de Waal
Tuyeimo Haidula op Oshakati

Swapo het sy afkeur uitgespreek in die beweerde oormatige gebruik van geweld deur die polisie tydens ’n betoging deur stakende Shoprite-, Usave- en Checkers-werkers op Oshakati.

Adj.komm. Kauna Shikwambi van die Namibiese polisie het Saterdag bevestig rubberkoeëls is gebruik om weer “orde” onder die betogende skare te herstel.

Intussen het Swapo in die Oshanastreek Maandag ’n verklaring uitgereik waarin dit die polisie se besluit veroordeel om op die stakers te skiet.

Die regerende party se streekkantoor het gereageeer op ’n video, wat intussen soos ’n veldbrand in die sosiale media versprei het, en waarin gesien kan word dat ’n Shoprite-werker ernstig beseer is. Die persoon is glo op 15 Januarie deur die polisie op Oshakati geskiet.

“Ons verwerp die gebruik van sulke buitensporige geweld deur die polisie teen die werkers, wat ’n stryd teen alle vorme van arbeidsuitbuiting probeer voer.

“Ons rig ’n versoek aan die Namibiese polisie in die Oshanastreek om ’n interne ondersoek te las vir die moontlike oortreding van die wet op professionele wangedrag deur polisiebeamptes tydens die voorval,” is in dié verklaring geskryf.

Die party het ook hul sterk uitgespreek teenoor diegene wat werkers aangespoor het om gewelddadig tydens die betoging op te tree.

Swapo het die nasionale regering aangemoedig om by die werknemers se saak betrokke te raak en seker te maak daar word gehoor aan hul eise gegee.

Die Oshanastreek se polisiekommissaris, Rauha Amwele, kon nie vir kommentaar bereik word om vas te stel of haar kantoor die opdrag ontvang het en of die polisie so ’n ondersoek van stapel gaan stuur nie.

Regter Shafimana Ueitele het sowat twee weke gelede in die guns van die stakende werkers beslis en Shoprite verbied om sogenaamde seisoenswerkers of werkers vir ’n beperkte tyd aan te stel, wat die stakende werkers se take moet oorneem. Die maatskappy het glo dié interdik verontagsaam. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!