Ondersteun die wetsbewakers
Ondersteun die wetsbewakers

Ondersteun die wetsbewakers

Dani Booysen
'n Mens moet saam met Dinsdag se hernude versoek deur die polisie stem dat inwoners hul samewerking aan alle wetsbewakers moet gee.

Die houding moet egter altyd geld, nie net tydens gesamentlike misdaadbekampingsoperasies nie. Die publiek se houding word ook beïnvloed deur die professionaliteit waarmee beamptes optree en die kwaliteit van dienslewering.

Opleiding vir beamptes, insluitende soldate, wat aan die nuwe fase van Operasie Kalahariwoestyn gaan deelneem, word verwelkom en sal hopelik 'n verskil maak teen die agtergrond van gerapporteerde beweringe van misbruike tydens die vorige fase van die operasie en sy voorganger Hornkranz.

Sulke operasies vind wêreldwyd plaas. Buiten vir die afskrikwaarde moet vredeliewende inwoners inhegtenisnemings, dagvaardings, die konfiskering van onwettige wapens en suksesse teen onder meer dwelmhandelaars, veediewe en stropers verwelkom.

Volgens die polisie het gerapporteerde misdade met tussen 7% en 10% afgeneem. Oor twee maande was die totale afname 16%.

Om die kwaad by die wortel eerder as uit aanklagkantore te takel, het voordele.

Omvattende navorsing en data oor misdaad in al sy vorme, die oorsake, die vervolgingsproses en die sukses, asook mislukking van rehabilitering kan die stryd versterk. Die publiek is geregtig hierop.

Besonderhede en syfers is ook nodig oor beweerde vergrype. Om eenvoudig die meeste, of baie klagtes as ongegrond en gefabriseer af te maak, oortuig nie.



So sê ander

7 Augustus 2019



Volksblad sê



As die ses hofbevindings teen adv. Busisiwe Mkhwebane in haar 33 maande as openbare beskermer nie voldoende bewys is dat sy ongeskik vir die pos is nie, wis haar reaksie op die jongste uitspraak – wat ook gelas dat sy die regskoste dra – finaal enige twyfel uit die weg.

In Mkhwebane se stryd teen pres. Cyril Rama­phosa, as deel van die magsoorlog in die ANC, kom laasgenoemde nie skotvry daarvan af nie. Ramaphosa loop voor in die geregtelike stryd, maar gelekte e-posse wat wys dat hy meer van die skenkers se finansiële steun aan sy CR 2017-veldtog om die ANC-leiersposisie weet, versterk die spesmaas dat hy hieroor in die parlement gelieg het.

Oppervlakkige pogings om skade te beredder of pleidooie van onkunde gaan nie meer deug nie. Beslissende én finale antwoorde is nodig.

Dan is die beginselsaak van skenkersgeld aan politieke partye en teen watter prys dit kom nog lank nie uitgeklaar nie.

Mkhwebane het haar al as regsgrondig onbevoeg bewys om die pos te beklee wat onkreukbaarheid van die hoogste orde verg.

Haar troefkaart, naamlik die raskaart, in 'n Twitter-inskrywing oor onder andere “wit regters” verklap haar populistiese grondslag. En dat sy “dieselfde as regters” gehanteer wil word, ruik na arrogansie.

Dis te vroeg om wenners, indien enige, te bepaal, maar die onverkwiklike twis stuur op 'n breekspul af.

• VOLKSBLAD (NETWERK24)

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!