Ondersteuners sien rooi by Rooivlagdag
Beweringe van klipgooiery, knopkierie en pistool op Okahandja.
Die polisie moes Saterdag ingryp toe onenigheid tussen ondersteuners van die Otjika Tjamuaha- koninklike huis en dié van die Ovaherero-tradisionele owerheid (OTA)uitbreek.
Dít by die betwiste perseel op Okahandja vir die herdenking van Rooivlagdag.
Die twee groepe het volgens Nampa gewelddadig geraak ná spanning hoog geloop het op die perseel in Nau-Aib.
Lede van die Otjika Tjamuaha-faksie het woedend gereageer toe aanhangers van die OTA besluit het om met hul perde te paradeer, sê Nampa.
Volgens die verslag het iemand een van die perde met 'n knopkierie getref en vroue het die perd met klippe bestook. Dit het glo veroorsaak dat een van die ruiters van sy perd afgegooi is. ’n OTA-ondersteuner het glo 'n pistool uitgepluk en die skare daarmee gedreig. 'n Ondersteuner van een van die faksies het glo ook iemand van die ander faksie gestamp.
Die polisie het die twee faksies uitgenooi na 'n vergadering agter geslote deure om 'n oplossing vir die onenigheid te vind.
Adjunkkommissaris Gerhard Mavenjono het gevra dat elkeen van die faksies vyf verteenwoordigers stuur om met die polisie te vergader.
Die twee faksies stry oor waar die herdenking moet plaasvind - op plot 1755, wat aan die OTA behoort, of op plot 1756, wat deur die Okahandja-munisipaliteit aan die Rooivlagregiment verhuur word. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie