Onderwaardeer, sê fondse oor Steinhoff
Fondsbestuurders wat Steinhoff-aandele gekoop het net nadat die prys daarvan in Desember skerp gedaal het, hou vol die aandeelprys is steeds onderwaardeer.
Die effektetrusts Discovery Equity-fonds en Discovery Dynamic Equity-fonds het hul aandeelhouding in vergelyking met ander effektetrust aansienlik verhoog net nadat die aandeelprys geval het.
Grant Irvine-Smith, fondsbestuurder, sê hulle het die aandeel in die tweede helfte van Desember gekoop.
Hul redenasie was dat die aandeel reeds meer geval het as wat die moontlike waarde van die beweerde bedrog is, en dat dit dus goeie waarde vir hul beleggers sou bied.
“Ons bly egter bewus van die voortgesette risiko’s wat met die aandeel verband hou,” sê Irvine-Smith. Daarom is die blootstelling aan Steinhoff-aandele net sowat 2% van die totale portefeuljes van dié fondse.
Die Discovery Equity-fonds het 6 560 551 eenhede gekoop.
Luidens die fonds se feiteblad volg dié fonds ’n “stroomop-benadering”.
Die Discovery Dynamic Equity-fonds het 2 452 177 eenhede gekoop. Luidens die fonds se feiteblad is die risikoprofiel van die fonds matig tot hoog.
Die Investec Value-fonds het sy aandeelhouding in vergelyking met ander effektetrusts aansienlik verhoog deur 12 556 221 eenhede te koop.
Hulle het egter aandele gekoop net voordat die rekenkundige onreëlmatighede bekend geword het, toe die aandeel om en by R50 per aandeel gekos het.
Volgens John Biccard, portefeuljebestuurder, het hulle die aandeel begin koop omdat dit reeds heelwat laer was as op sy hoogtepunt van sowat R95 per aandeel in April 2016.
Biccard sê hulle is van mening die mark het “oorreageer”. Daarom het hulle aanhou aandele koop toe die prys tot ongeveer R4,50 verswak het.
Luidens die fonds se feiteblad is dit ’n hoërisiko-fonds. Die fondsbestuurder koop aandele wat volgens hul navorsing onderwaardeer of ongewild is. Dit moet dus gesien word as ’n langtermynbelegging omdat dit lank kan duur voordat die aandeelprys weer styg.
Ook die Nedgroup Investments Stable-fonds het sy aandeelhouding tussen September en Desember met 3 187 441 eenhede verhoog. Die risikoprofiel is laag tot matig en dit is bedoel vir “behoudende beleggers”. Die blootstelling aan die fonds is 0,06%.
Die Nedgroup Investments Value-fonds het sy aandeelhouding met 1 063 100 eenhede verhoog. Die risikoprofiel is matig tot hoog. Die blootstelling aan die fonds is 0,69%. Nedbank het teen Vrydagmiddag nie op versoek vir kommentaar oor dié besluite gereageer nie. – Netwerk24/Rapport

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie