Onderwys - Aan die begin, toe ... en nou ...
Godfrey Kleinhans
Agrariese gemeenskappe was reeds in die derde eeu voor Christus gevestig in Mesopotamië (dit was die gebied tussen die Tigris en die Eufraat en het dele van die hedendaagse Kuweit, Irak, Sirië en Turkye ingesluit), Egipte, Nubia (suidelike gedeeltes van Egipte en noordelike gedeeltes van Sudan), die Indusvallei en die Andesgebergtes in Suid-Amerika.
Hierdie gemeenskappe het die mobiele bestaan van die jagter verruil vir groter bestendigheid. Dit was ook die aanvang van grondbesit, ‘n landbou-ekonomie en voedselsekerheid.
Onderwys was informeel en die ouers en ander senior lede van die familie was daarvoor verantwoordelik. Onderrig het bestaan uit die oordrag van waardes, kennis en vaardighede.
Seuns is voorberei om die plaas en al sy aktiwiteite oor te neem en die dogters moes leer oor die huishouding en is voorberei vir huwelike en gesinsbeplanning. Die “cottage industries” was natuurlik ‘n belangrike sektor in hierdie stadium van ontwikkeling.
Met die aanvang van die Industriële Rewolusie het vervaardiging sake, die ekonomie en gemeenskapslewe radikaal omvorm. Gemeenskappe het die landelike lewe verruil vir die nuwe groter dorpe en stede en die informele onderwyssisteme van die “cottages” moes plek maak vir formele skole. Onderwyswetgewing is aangeneem, skole is opgerig en onderwysers is opgelei.
Oor die jare het verskillende definisies van die "onderwyser" ontwikkel. In die algemeen word ‘n onderwyser as iemand beskou wat deur middel van onderrig leerlinge help om kennis, vaardighede en gemeenskapswaardes te bekom om hulle sodoende voorberei vir die volwasse lewe.
Baie mense worstel ook nog met die vraag of onderwys ‘n beroep of ‘n roeping is? Aan die een kant is dit ‘n manier om ‘n inkomste te verdien en ‘n kwaliteitbestaan te maak en aan die ander kant hou onderwysers die toekoms in hul hande. Hulle is grooliks verantwoordelik vir die voorbereiding van die toekomstige burgers van ‘n land. Hiervoor is ‘n intense passie nodig. Ek is daaarvan oortuig dat die meeste van ons onderwysers oor hierdie passie beskik.
Covid-19 tier voort en ons onderwysers spring dit nie vry nie. Verskeie onderwyers het al as gevolg van die pandemie heengegaan.
Hierdie rubriek dra ek graag op aan ‘n ou studentemaat, Peter Barry van Rehoboth, en ‘n vriend van Keetmanshoop, Josh McKay. Peter was ‘n departementshoof aan die Dr. Lemmer Hoërskool in Rehoboth en Josh die skoolhoof van die Blou-Wes Primêre Skool in die //Kharas Streek.
Peter en sy vrou Malie het saam in die intensiewe sorgeenheid gesterf, maar danksy die Groot Genade is Magdelena, Josh se vrou, nog met ons.
Hierdie was twee voortreflike onderwyspraktisyns en vriendelike mense . Ons is dankbaar vir die bydrae wat hulle kon lewer tot die ontwikkeling van onderwys. Mag hulle siele in ewige vrede rus.
Iemand het die volgende kwytgeraak:
Engineers make bridges.
Artists make paintings.
Scientists make rockets.
But, teachers make them all.
(Ek hoop om die komende weke nog hulde te bring aan onderwysers wie se lewens deur die pandemie geëis is.)
- godfrey. [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie