Onderwys: Begroting briek handboeke
Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur se porsie is met 3% gesny.
Henriette Lamprecht
Die droom dat elke leerling in die land sy eie handboeke het, gaan weens onvoldoende fondse vanjaar nie 'n werklikheid word nie.
Die minister van onderwys, kuns en kultuur sê die kleiner begrotingstoekenning vir handboeke, skryfbehoeftes en hulpbronne gaan 'n negatiewe invloed op leerlinge hê.
Me. Katrina Hanse-Himarwa het tydens die motivering van haar ministerie se begroting van meer as N$12 miljard verwys na besnoeiings wat ook veral koshuisleerlinge gaan raak.
Sowat N$11 miljard is toegeken aan die ministerie se bedryfs- en ontwikkelingsbegroting.
Die ministerie se algemene begroting is vanjaar met 3% gesny, en 85% van die totale begroting gaan vir onder meer salarisse aangewend word.
Sowat 5% sal gebruik word vir die ontwikkeling van infrastruktuur, terwyl die oorblywende 10% vir ander prioriteitsareas aangewend sal word.
Verlede jaar is 63 988 leerlinge in 226 laerskool- en hoërskoolkoshuise gehuisves.
“Die besnoeiings is 'n bron van kommer vir dié leerlinge. Verdere konsultasie met die ministerie van finansies oor bykomende begrotingstoekennings is nodig.”
Die ministerie se subsidie aan die Namibiese Kollege vir Afstandonderrig (NamCol) sal vanjaar net personeelverwante uitgawes dek.
Ernstige probleme word ook voorsien in die implementering van die hersiene leerplan vir graad 8 en 9. Die implementering het reeds vanjaar vir graad 8's begin.
As gevolg van beperkte finansiering sal die hersiende leerplan vir graad 9's eers aanstaande jaar geïmplementeer word.
Volgens die minister bemoeilik groot afstande na opvoedkundige instellings jongmense se toegang tot onderrig, terwyl die hoë aantal skoolverlaters en tienerswangerskappe kommer wek.
Hanse-Himarwa het gesê die ministerie sal hulle laat lei deur kwessies van waarde vir geld, beperkte bronne, die bevordering van openbare-private vennootskappe en doeltreffendheidsmaatreëls.
Sy sê die besnoeiing van die algehele begroting gaan dit moeilik maak om toerusting aan skole te verskaf en die nodige onderhoud te doen.
“Die afwesigheid van die internet en breëbandverbindings het op sy beurt ook 'n invloed op die pas van implementering in skole en instellings gehad,” het sy gesê
Die meerderheid skole in landelike gebiede het ook nie elektrisiteit nie, wat van internetverbindings 'n uitdaging maak.
Die minister sê haar ministerie se grootste struikelblokke is die verskaffing van infrastruktuur, die opknap van bestaande geboue, 'n gebrek aan personeel en 'n vertraging in die goedkeuring van strukture.
Sy het egter haar ministerie se toewyding tot fiskale konsolidasie benadruk.
“Ons behoeftes styg voortdurend en met kwynende hulpbronne moet ons openbare-private vennootskappe vir volhoubare ontwikkeling ondersoek.”
Die ministerie het begin met die bevestiging van betaalstate vir onderwysers wat op alle personeel van toepassing is.
Dit het ten doel om die algehele administrasie van betaalstate te verbeter en sodoende die risiko van moontlike wanbesteding van fondse stop te sit.
Ook is onproduktiewe uitgawes soos reistoelaes, die aankoop van meubels en oortydbetalings verminder of gestop.
Net baie kritieke poste en poste waarvoor begroot is, word gevul om volgens Hanse-Himarwa te verseker dat die salarisrekening, wat 85% van die ministeriële begroting dek, nie vergroot nie.
Volgens verlede jaar se statistieke het die land toe 707 878 leerlinge gehad.
Daar was in dieselfde tyd 27 886 onderwysers by 1 796 skole landwyd.
Inskrywings vir preprimêre onderwys het van 32 732 in 2015 tot 37 298 in 2016 gestyg.
Inskrywings vir primêre onderrig het van 442 729 in 2015 tot 499 455 in 2016 gestyg.
Primêre onderrig behels sowat 59% van die ministerie se bedryfsbegroting. Inskrywings vir sekondêre vlak het van 195 726 in 2015 tot 208 423 in 2016 gestyg, met 30% van die begroting wat hierop fokus.
Meer as 320 000 leerlinge is met die nasionale skoolvoedingsprogram ondersteun, terwyl daar beplan word om dié beleid te finaliseer.
Die minister het weer eens 'n beroep op ouers en voogde gedoen om “kritieke vennote” in die onderrig van die land se toekomstige leiers te bly.
“Ons samewerking met ouers sal ons kinders se toekomsvooruitsigte as leiers, bestuurders en entrepreneurs bepaal.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie