Onderwys – Beter opvoeders danksy die pandemie
Godfrey Kleinhans
Die Covid-19-pandemie, soos talle voorafgaande pandemies, het ons wêreld op sy kop gekeer.
Kuierplekke soos restaurante en kroeë moes hul ure inkort of hul deure sluit. Werkplekke moes alternatiewe metodes van produksie bedink en baie huishoudings sit sonder inkomste. Skole is vir lang periodes gesluit en met die heropening moes skoolbesture aan die nuwe gesondheidsregulasies voldoen.
Die instruksies dat die skole moes sluit, het in baie lande vinnig en sonder waarskuwing gekom. Onderwysers moes sonder veel aanwysings en hulp die veilig gestruktureerde skool- en klaskameromgewings verruil vir tuis- en virtuele onderig. Die gerustellende nabyheid van die skoolhoof en meer gesoute onderwysers moes verruil word vir ‘n plekkie voor die rekenaar – alleen. Leerlinge is gesien op rekenaarskerms of gehoor oor slimfone. Alles het verander en onderwysers moes vinnig leer.
Onderwysers moes hul onafhanklikheid, ‘n belangrike element van professionalisering, ‘n bietjie prysgee en terugval op die bystand en raad van kollegas. Die onderwyser se plek voor die skryfbord is verruil vir ‘n plek in voorkamers met rekenaars, slimfone, Wi-Fi, data en video-oproepe. Nuwerwetse toepassings soos Zoom en Loom het deel van die onderwysleksikon geword. Met Zoom kan onderwysers nou virtuele lesse aan groepe leerlinge bied terwyl hulle met Loom video’s kon maak om met individuele leerlinge te deel.
Onderwysers moes vinnig leer. Dit herinner my aan PW Botha se Upington-toespraak, “Adapt or die”.
Die stories van onderwysers oor hierdie periode van hul loopbaan is legio.
Liz Russilio van die Smithfield Sekondêre Skool op Rhode-eiland vertel dat die “nuwe orde” hoër vlakke van kreatiwiteit en innovering van haar geëis het. Sy het ook die werklike betekenis van samewerking met ander kollegas leer ken. Met virtuele onderrig kon sy meer van leerlinge se tuisagtergrond te wete kom en so kon sy en ander onderwysers beter bande met gesinne smee.
Theresa Diehl van Virgin-eiland het besef hoe vervelig lesplanne en opdragte binne die tradisionele konteks werklik kan wees. In die geval van haar skool is periodes met tien minute ingekort. Sy het geleer om kreatief te wees en om elke minuut produktief te gebruik.
Erin McCarthy van Greendale Sekondêre skool in Wisconsin het vir die eerste keer besef dat onderrigmomente nie geïsoleerd is nie. Sy besef nou die belangrikheid van kontinuiteit, konsekwentheid, volhoubaarheid, buigsaamheid en toepaslikheid.
Sy en die meeste van die onderwysers wie se stories ek gelees het, is van mening dat hulle nou beter afgeronde onderwysers is. Hierdie stories en die positiewe gesindhede gee mens hoop vir die toekoms.
Ek het onlangs gelees dat die Demokratiese Alliansie (DA) van Suid-Afrika aanbeveel dat die skooldag met een uur verleng word. Eintlik hoef dit nie ‘n formele opdrag aan skole te wees nie; skoolbesture kan dit in samewerking met ouers doen. Voorbarig soos ek is, het ek op Facebook gesê dat dit ‘n baie goeie voorstel is. Die reaksies was eenvoudig verstommend. Almal, insluitende onderwysers wat die verlies aan onderrigtyd self ervaar het, keer dit met ‘n ongekende aggressiwiteit af. Red nou ‘n volk...
Maar, wat sê ons onderwysers in Namibië? Ons wil graag hulle stories hoor.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie