Onderwys - Die belang van die kind
Godfrey Kleinhans - Kinders geniet volgens die Namibiese Grondwet uitgebreide regte en vryhede.
‘n Kind het die reg op ‘n identiteit, om te weet wie sy of haar ouers is en om deur die ouers onderhou en beskerm te word. Verder word kinders van 16 jaar en jonger beskerm teen bepaalde arbeidspraktyke en mag nie deur die polisie aangehou word nie.
Die gesin word erken as die belangrikste bousteen van ‘n gemeenskap en is daarom geregtig op ondersteuning en beskerming van die owerhede indien die gesin bedreig word.
Artikel 20 van die Grondwet waarborg ook verpligte (en gratis) primêre onderwys aan alle kinders tot en met die ouderdom van 16 jaar. Alle ander vryhede en regte wat van toepassing op volwassenes is, is ook met die nodige uitsonderings op minderjariges van toepassing.
Hierdie tipe regsbepalings is so oud soos die berge en deur die eeue heen is kinders uiters belangrik binne families en gemeenskappe geag. In die Nuwe Testament maan Jesus ons om nie struikelblokke in die weg van kinders te wees nie. Verder belowe Hy: ”En wie so ‘n kindjie in My naam ontvang, ontvang My”.
Pragtige poësie oor die kind het al die lig gesien. So kry ons die versugting “As ek eendag 'n seun het” van Antjie Krog in Ballade vir die Onwaarskynlike Seun. Gedurende die duistere apartheidsera lewer Ingrid Jonker een van haar grootste werke, "Die kind".
In 1960 het Robert Sebukwe onderdruktes in Suid-Afrika tot protesoptogte teen die paswette (alom bekend as die dompas) opgeroep. Ongeveer 10 000 mense het deelgeneem aan die optog in Sharpeville waartydens 69 gedood en 180 beseer. In Langa, in die Wes-Kaap, is drie mense dood en heelwat beseer.
Gedurende hierdie onstuimige tyd het ‘n ouerpaar hul siek kind na ‘n hospitaal êrens in Kaapstad geneem. Op pad daarheen is hulle voertuig deur soldate gestop en toe die bestuurder ‘n u-draai wou maak (die voertuig se ratkas het nie na behore gewerk nie), is daar op hulle geskiet. Die 20 maande oue seuntjie Wilberforce Mazuli is gewond, maar het met hul aankoms by Groote Schuur gesterf. Die baba se liggaam is daarna na die polisiestasie in Philippi geneem. Vyf en veertig jaar later is die volledige storie deur die kind se tante, Mombuyiselo Manjati, vertel.
Die gedig van Jonker is wyd gepubliseer; selfs deur die Burger, 'n mondstuk van die destydse Nasionale Party. Die gedig is later in Engels, Zoeloe en selfs in Hindi vertaal.
Die gedig het universeel groot aanklank gevind. Die ruimte van die gedig het baie verder as Nyanga, Langa, Philippi, Sharpeville en Suid-Afrika uitgekring. Die kind wat net in die son in Nyanga wou speel, word ‘n vry man en reis deur Afrika sonder ‘n pas. Hierdie gedig is aangehaal deur Oliver Tambo in 1987, deur Nelson Mandela in 1994 en ook deur Thabo Mbeki in 2004 en 2006.
Baie van ons kinders word groot in 'n troebel wêreld wat deur geweld en korrupsie geteister word. In die derde strofe van DJ Opperman se gedig "Negester en stedelig" vra die spreker aan sy kind:
"Watter kaart of watter ster sal ek jou wys
"Om veilig deur die grysland te reis?"
In watter grys en troebel wêreld leef ons nie?
Verlede Vrydag het ons die Dag van die Namibiese kind gevier. Tydens my uitstappie dorp toe, kom ek ‘n bedelaartjie teë wat ‘n geldstuk by my gevra het.
Hy is 12 jaar oud, sy ma is dood en hy bly by sy stiefma, wat duidelik nie behoorlik na hom omsien sien nie en sy pa werk in Windhoek. Hy woon nie skool by nie en was baie vuil en ongewas.
Ek het baie onsteld huiswaarts gekeer.
Kort na onafhanklikwording is die begrip "straatkinders" geskep vanweë die groot getal kinders wat die skool voortydig verlaat en in die strate ronddwaal. Politieke partye, politici en gemeenskapsleiers was verskriklik besorg hieroor en allerhande beloftes is gemaak om hierdie afgryslike situasie reg te stel.
Ek wonder hoeveel van hierdie kinders loop nog die strate vol. Wat het geword van die beloftes in Artikels 14, 15 en 20 van die Grondwet?
Dit is tyd dat ons volhoubare strategieë in werking stel om hierdie kinders te ondersteun en hulle uit hul ellende te red eerder as om nimmereindigend beleide uit te spel en mooi toesprake te lewer. En laat ons in Vadersnaam verder beweeg as om kospakkies en komberse uit te deel.
As ons die toekoms wil red, moet ons die kinders van vandag red. Een wyse het gesê: “There can be no keener revelation of a society's soul than the way in which it treats its children.”
Steek hier miskien meer waarheid in as wat ons besef of wil erken?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie