Onderwys - Die grondwetlike regte van kinders
Godfrey Kleinhans - Op Maandag 28 September 2020 dra die Sun, susterskoerant van Republikein, die storie van Lucas Iri Ivari.
Volgens tandheelkundige rekords behoort hy enigiets tussen 17 en 21 jaar oud te wees. Sy kort skoolloopbaan, wat eers hierdie jaar begin het, is vir ’n paar maande deur Covid-19 op ys geplaas, maar hy is nou terug op die skoolbanke.
Volgens sy onderwyseres, me. Lena Nakatana, is hy by die skool deur ’n maatskaplikewerker ge-“dump”; laasgegenoemde het tot dusver slegs een besoek aan hom gebring.
Volgens die woordvoerder van die ministerie van geslagsgelykheid kan Lucas se ma, na bewering ’n drankverslaafde, nie opgespoor word nie. Hy is in pleegsorg geplaas, maar hier was hy nie baie gelukkig nie en die gedagte het hom geensins aangestaan nie.
Na bewering word hy drank gevoer deur volwassenes, sodat hy hulle kan vermaak.
Dit word ook vertel dat hy ’n entrepreneur wil word en geensins van formele onderrig hou nie.
Lucas is een van 190 422 weeskinders in Namibië.
In die SMS-kolom van Republikein van 28 September 2020 kla een leser dat die kosgangers van die Primêre Skool Kriess se koshuis in Hardap honger ly. Die leser beweer die ministerie betaal diensverskaffers nie betyds nie; vandaar die dilemma.
Suid van Tseiblaagte in Keetmanshoop, langs die hoofpad onderweg na Grünau, is twee redelik nuwe woonbuurte (informal settlements), Uitbreidings 6 en 7. Dertig present van eersgenoemde beskik oor toiletgeriewe, terwyl Uitbreiding 7 se inwoners daarsonder moet klaarkom. Die meeste van die inwoners van hierdie uitbreidings moet gebruik maak van "openbare geriewe"; dit is agter die bossies oorkant die hoofpad.
Die kinders, soos die volwassenes, het geen reg op privaatheid, waardigheid en veiligheid nie. Die gemeenskap mag ook nie puttoilettte oprig nie.
Ek verneem dat die plaaslike owerheid besig is om die probleem aan te spreek, maar die situasie kom nou al ’n goeie klompie jaar aan.
Ons het op Maandag 28 September 2020 die Dag van die Namibiese Kind gevier. Die stories hierbo noop ’n mens om te wonder in hoe ’n mate kinderregte in die land respekteer word.
Die stories wat Maandag oor kinderregte deur leerlinge van bevoorregte skole in die land vertel is, verteenwoordig maar ’n klein deel van die volledige prentjie. Hulle het nie vertel van die Namibiese kind wat rondloop en bedel nie, van die verflenterde seuntjie wat honger is nie, van die dogtertjie wat deur gesins- en/of familielede verkrag word nie en van die een wie se reg op privaatheid, veiligheid en waardigheid misken word nie.
Waar ouers nie instaat is om die kind se regte te beskerm nie, behoort die staat effektief in te gryp. Die staat verklaar tog dat hy die voog van alle kinders is.
Artikel 15 van die Grondwet wat handel oor kinderregte is baie duidelik. Gesien in die lig van die talle gebreke by skole, die voortdurende mishandeling van kinders, veral die verkragtig van jong dogters en babas, vroeë skoolverlating en die voortsetting van lyfstraf wil dit voorkom of baie mense blind en doof is vir die opdrag vervat in hierdie artikel.
Miskien moet die wetgewende en uitvoerende gesagte weer kyk na artikel 15.
Miskien moet hulle hulself vergewis van Ingrid Jonker se visie oor die Afrika-kind wat vry en sonder ’n pas deur die wêreld reis. Miskien moet hulle soos Dirk Opperman in Negester en Stedelig aan die Namibiese kind vra "hoe om veilig deur die grysland te reis". Miskien moet hulle die kinders die versekering gee dat hulle sal toesien dat die Suiderkruis en Negester witter in hul siele as die stedeligte sal skitter. Miskien moet hulle op die Dag van die Namibiese Kind hulself daaraan herinner dat hulle ook eens kinders was.
Namibië behoort aan al sy inwoners en die bronne en moontlikhede is voldoende vir almal. Die Grondwet voorsien goeie riglyne hoe om seker te maak dat elkeen sy regverdige deel kry.
In een van haar boeke sê Dalene Matthee dat God ons vir baie vergewe, maar Hy vergewe nie die wie ’n kind leed aandoen nie...
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie