Onderwys - Die pligte van 'n skoolhoof
Onderwys - Die pligte van 'n skoolhoof

Onderwys - Die pligte van 'n skoolhoof

Dani Booysen
Godfrey Kleinhans – Effektiewe bestuur en leierskap het die afgelope jare seker die belangrikste woorde binne enige organisasie geword, hetsy dit ‘n besigheid, kerk, welsynsorganisasie, nie-regeringsorganisasie, staatsinstelling of skool is.

Om uitvoering te gee aan sy mandaat en suksesvol te wees, moet elke organisasie ‘n hoof hv wat bekwaam is om uitdrukking aan hierdie twee pligte te gee. Binne die konteks van die skool is dit wat van elke skoolhoof verwag word.

Volgens die Onderwyswet van 2020 is ‘n skoolhoof "a teacher who holds the post as the head of the school". Prinsipaal en hoofonderwyser is ander terme vir die pos. In sommige lande word daar na die kurrikulêre leier verwys: hy of sy moet leiding neem met kurrikulêre ontwikkeling.

Privaatskole, in navolging van die sakesektor, gebruik dikwels terme soos uitvoerende hoof (CEO) of direkteur. Die direkteur sal aan die raad rapporteer terwyl ‘n skoolhoof verantwoordelik is vir die bestuur van die kurrikulêre en ekstra-kurrikulêre bedrywighede van so 'n inrigting.

‘n Skoolhoof was in die verlede ‘n baie belangrike persoon in ‘n gemeenskap; veral in klein gemeenskappe.

Van skoolhoofde was verwag om, veral in tye van krisisse en uitdagings, die leiding te neem. Baie van hulle het ook leiersposisies in hul kerke en ander gemeenskapsorganisasies beklee. Hulle het die rolle van sieketrooster en Sondagskoolmeester vervul en moes Sondae die woord verkondig waar gemeentes nie ‘n predikant gehad het nie.

Dit was dus nie vreemd nie dat baie skoolhoofde, hier en in Suid-Afrika, leiersfigure geword het toe die politieke toneel begin verbreed het. Hulle was dikwels leiers op die regte plek en op die regte tyd.

‘n Skoolhoof verteenwoordig ‘n belangrike segment van ‘n onderwysgemeenskap. Hy/sy lei en verteenwoordig nie net die skool nie,maar moet leiding voorsien aan leerlinge, onderwysers, ouers en alle ander persone wat 'n belang by die skool het.

‘n Skoolhoof word gemeet aan die sukses van sy/haar skool.

Tony Bush et al (2011) het in Preparing new principals in South Africa: the ACE School Leadership Programme verwys na hierdie opmerking in Leithwood en ander se werk in Seven Strong Claims about Successful School Leadership (2006): "There is not a single documented case of a school successfully turning around its pupil achievement trajectory in the absence of talented leadership.”

Normale kriteria soos voortreflike kwalifikasies en ‘n goeie onderrigrekord is geen waarborg dat so ‘n persoon ‘n effektiewe bestuurder en leier gaan wees nie.

Oor die jare heen het die gemeenskapslewe geweldig verander en meer gekompliseerd geraak . Die skool, ‘n gemeenskapsorganisasie, het nie onaangeraak gebly nie.

Onderwyswetgewing is aangeneem wat skole al hoe meer onder die gesag van die staat geplaas het. Die skool het onder die vleuels van die kerk uitgekom en die staat het begin voorsien wat nodig was.

Die rolle van die onderwysers, leerlinge en ouers is fyn en duidelik beskryf en omlyn. Leerinhoude is al hoe meer deur die staat voorgeskryf en die pligte van onderwysers en skoolhoofde is statutêr bepaal.

Verder het die tegnologie nie buite die skool gebly nie. Inligtingstegnologie word nie net ingespan in die administrasie van die skool nie, maar het ook deel van leerplanne geword.

Die bestuur van die skool het geweldig verander en so ook die skoolhoof se posisie in die gemeenskap. Skoolhoofde moes eenvoudig bybly of sink. En hierdie verandering duur steeds voort. Dit laat ‘n mens wonder of die skool nog uitvoering aan sy oorspronklike mandaat gee.

Volgende week kom die kriteria vir die aanstelling van skoolhoofde aan die bod.

Ek wil ook skryf oor stories, ervarings en sêgoed van skoolhoofde wat reeds afgetree het of reeds heengegaan het. Lesers is welkom om bydraes aan my te e-pos. So kan ons sulke skoolhoofde ook vir hul bydraes vereer.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-07-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Toyota Cheetahs XV 82 vs 20 NovaVit Griffons | Cell C Sharks XV 25 vs 26 Fidelity ADT Lions | Suzuki Griquas 24 vs 44 Airlink Pumas Rugby World Cup U20: Australia U20 12 vs 17 Italy U20 | South Africa U20 12 vs 31 Argentina U20 | England U20 48 vs 11 Fiji U20 | France U20 26 vs 27 New Zealand U20 | Wales U20 31 vs 10 Spain U20 | Ireland U20 22 vs 16 Georgia U20 #N/A Currency: GBP to NAD 23.23 | EUR to NAD 19.68 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.16 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.32 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.16 | USD to AOA 871.26 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 47.96 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1515.35 | USD to ZAR 18.23 | USD to ZMW 24.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1791.53 Down -0.7% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13367.73 Up +0.54% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28364.79 Up +0.72% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9380.4 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 391.62/OZ UP +1.48% | Copper US$ 4.67/lb UP +2.36% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 87.46/BBP DOWN -0.0079 | Platinum US$ 1 027.76/OZ UP +2.82% #N/A