Onderwys - Dissipline en redelikheid
Godfrey Kleinhans - Dit hinder my dat reaksie oor onderwys uit die streke, veral van die nie-presterende skole, so effentjies is.
Ek sou graag wou sien dat hierdie rubriek in vrugbare diskoerse oor onderwys ontwikkel. Gesprek sal nie net mense se bekommernisse uitlig nie, maar dalk sien briljante oplossings die lig. Die gebrek aan oplossings is 'n oorsaak van die huidige status quo.
Maar, die hoop beskaam nooit nie.
In ‘n SMS aan hierdie koerant het ‘n leser van Lüderitz sy/haar kommer uitgespreek omdat die bestuur van ‘n skool in die dorp glo geweldig baie tyd aan klein en nietige dissiplinêre probleme bestee. Die handhawing van dissipline en tydsbenutting is twee baie belangrike aspekte van goeie bestuur. Dissipline is deel van die wyer begrip "leerlingbestuur", terwyl tyd die ruimte voorsien waarin die die skool se bestuurstake verrig word.
Kom ons takel dissipline eerste.
‘n Gemeenskap het ’n stel rëels nodig om die ordening van sy bestaan te vestig. In die lig hiervan het die nuutgevonde wetgewende gesag van die Republiek van Namibië ‘n grondwet en ‘n reeks wette aangeneem om orde en vreedsame naasbestaan te verseker.
‘n Grondwet, wette, regulasies en ander ondergeskikte wetgewing bepaal nie net wat ‘n persoon mag doen of nie mag doen nie, maar ook hoe bepaalde handelinge uitgevoer moet word. Sekere bepalings van die grondwet, die onderwyswet en onderwysregulasies, -handleidings en ministeriële omsendbriewe is vir die suksesvolle bestuur van die onderwysstelsel van kardinale belang. Leerlingbestuur, een van die kritieke skoolbestuurshandelinge, verteenwoordig ‘n wye veld waarvan leerlingdissipline ‘n belangrike onderdeel is.
Die regsvoorskrifte wat elke persoon tydens sy of haar skoolloopbaan raak, ontvang aandag in die Onderwyswet. In die lig van die funksionele taak van die skool, dit is om op te voed en te onderrig, het die skoolraad en skoolbestuur die bevoegdheid om ‘n stel skoolreëls saam te stel wat die orde verder sal vestig. Hierdie stel reëls mag egter nooit in konflik wees met die Onderwyswet (of enige ander wet) en onderwysregulasies of enige president wat deur ‘n hoër hof geskep is nie. Skoolreëls mag byvoorbeeld nooit ‘n strafmaatreël toepas wat lyfstraf insluit of daarop gemik is om die waardigheid van ‘n leerling aan te tas nie.
Dit sal dwaas wees om die ouers of leerlinge in die hoër grade van die sekondêre skool deelname in die opstel van die skoolreëls te ontsê. ‘n Skool word ook gestig om te voldoen aan bepaalde gemeenskapsbehoeftes en dit sal gevolglik kortsigtig wees om die tradisionele en kulturele waardes wat in daardie gemeenskap geld, te ignoreer.
Skoolreëls moet nooit kleingeestig wees of daarop gemik wees om leerlinge af te kraak nie en die toepassing moet altyd regverdig wees. Iets waaroor ouers en skoolhoofde deesdae taamlik bots, is die nuwerwetse haarstyle van seuns en dogters. Ek dink nie dat ek my hieroor wil uitlaat nie . . .
Dit is nie ‘n maklike taak om ‘n stel rëels vir skole saam te stel nie. Elke skool se omstandighede en behoeftes is uniek en ‘n generiese vorm van so ‘n stel rëels is nie aan te beveel nie. Kulturele waardes en aanvaarbare gedragspatrone verskil van gemeenskap tot gemeenskap.
Elke rëel, sowel as die toepassing daarvan, moet egter aan ‘n redelikheidstoets onderwerp word. Skoolbesture moet teen die onredelike opheffing van rëels en kleinlike optrede waak.
Die inwoner van Lüderitz word bedank vir sy/haar inset en skoolrade en die publiek word weereens genooi om via die koerant se verskillende platforms deel van die belangrike gesprek oor onderwys te word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie