Onderwys eerste
Onderwys eerste

Onderwys eerste

Ronelle Rademeyer
'n Land is so suksesvol soos sy onderwysstelsel en die gehalte onderrig wat op primêre en sekondêre, asook tersiêre vlak gebied word.

Gaan kyk maar na Finland en Singapoer, die lande met die beste skoolstelsels ter wêreld.

Die ideaal is om bemagtigde, afgeronde en geïnspireerde jongmense op die ouderdom van ongeveer 18 aan universiteite, kolleges en die arbeidsmark te oorhandig.

Hulle moet intellektueel, emosio­neel en sosiaal gereed te wees vir die uitdagings van die volwasse lewe en konstruktief tot die ontwikkeling en bevordering van die samelewing kan bydrae.

Dit is die strewe. Want sulke jongmense wíl die lewe vir hulself beter maak. Hulle wil uitstyg en 'n verskil maak.

Slaag 'n regering hierin, behoort armoede, misdaad, geslagsgeweld en ander sosiale euwels minimaal voor te kom.

Met die skooljaar wat gister begin het, moet almal van die president af reg deur tot die minister van onderwys en die mees junior onderwyser opnuut die belangrikheid van 'n sterk en kerngesonde skoolstelsel te besef.

Die uitslae van ons eksterne eksamens en die stand van ons samelewing dui op enorme uitdagings. Oorvol klasse, gebrekkige infrastruktuur, ongemotiveerde onderwysers, tekorte aan handboeke en ander studiemateriaal en verwaterde dissipline is allesbehalwe boustene vir sukses.

Met dit as die fondasie, sal pres. Hage Geingob se Namibiese Huis wankel.

Dit is tyd dat Namibië die voorbeeld van die Finlande en Singapoers nastreef en deur onderwys 'n beter toekoms skep.

Want onderwys is nie 'n bysaak nie; onderwys is dié saak.



New Zealand Herald

2019, a further space odyssey?

There is no doubting mankind's obsession with space. Humans have long gazed starward and created stories to explain our origins and place in the universe. As we have evolved, we have increasingly wondered about the substance of that universe, including whether there is any other life “out there”.

Our music, movies and literature are full of such ponderings. But the stuff of popular culture and science fiction is now firmly science fact.

Where Pink Floyd explored the Dark Side of the Moon in all its musical magnificence, the Chinese this year landed an unmanned rover on the lunar surface's far side, thus making their own “giant leap” in space exploration and firmly asserting their part in the “conquering of the universe”.

If this is only the start of 2019, what other space odysseys could the year hold?

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!