Onderwys: Geen plek vir laatkommers
Seksuele verhoudings tussen onderwysers en leerlinge is taboe, sê die minister.
Henriette Lamprecht
Afwesigheid en laatkommers, swak dienslewering en 'n gebrek aan gedrewenheid om take te voltooi, is van die kwessies wat me. Katrina Hanse-Himarwa, die minister van onderwys, kuns en kultuur, dwars in die krop steek.
Sy het ook onetiese en korrupte praktyke, sowel as swak toesighouding en 'n gebrek aan leierskap uitgesonder en personeel gemaan om by die reg, reëls, riglyne en prosedures te hou.
Die minister het tydens haar jaarlikse ministeriële toespreek van haar personeel ook na die beweerde seksuele verhouding tussen 'n onderwyser en 'n leerling in die Ohangwenastreek verwys en beklemtoon haar ministerie keur die oortreding van die wet, die misbruik van mag en die skending van die gemeenskap se vertroue hoegenaamd nie goed nie.
“Dit moet tot 'n einde kom. Ek doen 'n beroep op elke landsburger om soortgelyke gevalle onmiddellik by die owerhede aan te meld sodat die oortreders gestraf kan word,” het sy gesê.
Hanse-Himarwa het voorts 'n beroep op streekdirekteurs, inspekteurs en menslike hulpbronnebestuurders gedoen om hulle op die relevante wette en regulasies te beroep om skuldiges aan die pen te laat ry.
“Dié wat aan die hoof van dissiplinêre gevalle staan, moet die finalisering daarvan bespoedig. In die vervolg moet menslike hulpbronnebestuurders in die streke en by die hoofkantoor alle aansoekers noukeurig ondersoek om seker te maak personeel met hangende of onopgeloste sake word nie heraangestel nie.”
Hanse-Himarwa het beklemtoon 'n meganisme moet gevind word om sulke “gewetenlose individue” te verhoed om weer deel van die skoolstelsel en die staatsdiens te word.
Met verwysing na die vierde nywerheidsrewolusie het Hanse-Himarwa gesê haar ministerie word gekortwiek deur verouderde rekenaartegnologie.
“Ons moet maniere ondersoek om die situasie te beredder in 'n poging om die voorsiening van inligting- en kommunikasietegnologie in ons instellings te verbeter.”
Met verwysing na die implementering van die nuwe leerplan het Hanse-Himarwa gesê vanjaar is met die implementering van graad 10 op senior sekondêre vlak begin, terwyl tegniese en pre-beroepsgerigte vakke ook uitgebrei word.
Sy het gesê die voorsiening van skooltoelae beteken nie daar word weggedoen met ouers of voogde se ondersteuning van hul kinders nie.
“Dit is steeds ouers en voogde se plig om volle verantwoordelikheid vir die ondersteuning van hul kinders se onderrig te neem,” het sy gesê.
Volgens Hanse-Himarwa staar die ministerie ook 'n reuse-agterstand met die verskaffing van nuwe infrastruktuur in die gesig.
Ook is daar 'n toenemende behoefte aan die opgradering en herstel van bestaande, ou infrastruktuur.
“Ek is bekommerd oor die gemiddelde prestasie met betrekking tot die implementering en uitvoering van ons kapitaalprojekte,” het sy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie