Onderwys - Gratis basiese onderrig
Godfrey Kleinhans - Onderwys vir die inwoners van gekoloniseerde lande dwarsoor die wêreld was altyd ‘n reuse-uitdaging.
Die besetters het dit vir die wettige eienaars van hierdie lande so moeilik as moontlik gemaak deur eenvoudig te weier om die nodige fondse vir onderwys beskikbaar te stel. In baie lande het kerkgenootskappe die voorsiening van onderwys aan hul gemeentelede as deel van hul evangeliese roeping beskou. Baie internasionale kerkgenootskappe het ook groot bedrae geld bewillig om hiermee te help. ‘n Goeie voorbeeld is die Rooms Katolieke Kerk.
Nadat Afrika haar grondgebied "herverower" het, in die meeste gevalle met geweld, het die fokus verskuif van ‘n stryd om politieke onafhanklikheid na ‘n strewe na ekonomiese selfstandigheid. Onderwys is ‘n belangrike onderdeel van die doelwit.
Die uitdagings was geweldig.
Waarborge gegee in grondwette het die skoolhekke oopgedwing. Tussen 1960 en 1983 is 51,3 miljoen meer kinders in skoolstelsels in Afrika opgeneem. Internasionale instansies soos die Wêreldbank en Unesco het verder ‘n jaarlikse groei van 3,3% voorspel.
Verder het baie Afrika-regerings universele basiese onderwys en onderwys vir almal ("Education for All") aan hul burgers belowe. Hierdie konsepte, wat vervat is in beleidsrigtings, is later "gekroon" met gratis basiese onderwys. Dit onderstreep ook Thomas Jefferson se idee van “free schools”.
Afrika-lande moes nou voorsiening maak vir uitgawes wat haar koloniseerders geweier het om in berekening te bring. Geweldige druk is op staatsbegrotings geplaas. Die meeste Afrika-lande het nog nie ekonomiese onafhanklikheid bereik nie en armoede bly ‘n geweldige uitdaging.
Onderwysuitgawes is sedert die onafhanklikheid van Namibië nogal altyd ‘n gedeelde verantwoordeliheid. Geld verhaal in die vorm van belastings word aangewend vir bedryfs- en kapitale kostes. Gratis basiese onderwys as “Sponsored Education” maak seker vir baie sin binne hierdie konteks.
Ouers en voogde was nog altyd verantwoordelik om hul skoolgaande kinders te voed, te klee en van huisvesting te voorsien. Verder moes ouers ook verantwoordelikheid neem vir vervoerkostes, skooluniforms, skoolfooie en ander bydraes soos deur die skool verwag.
As oudskoolhoof verkeer ek onder die indruk dat ‘n betekenisvolle segment van die ouerbevolking nooit hieroor gekla het nie.
In 2013 is universele basiese onderwys afgekondig, ingevolge waarvan skole nie meer van ouers kon verwag om verpligte bydraes tot ‘n skoolontwikkelingsfonds te maak nie. Hierdie besluit is in 2016 na sekondêre skole uitgebrei. Die doel is om soveel moontlik kinders in die hoërskool te kry, hulle daar te hou so lank as wat verwag word en om die skoolvoltooiïngskoers op te stoot.
Vrae wentel nou rondom die nodige voor-implementeringsontledings en impak van hierdie beleid. Ons weet al beleidmakers, veral dié met politieke motiewe, steur hulle nie altyd aan voor-implementeringsondersoeke nie. Ons weet ook dat hulle hulle nie altyd laat lei deur bepalers soos tyd, ruimte en ekonomiese werklikhede nie.
Nuwe beleid word selde op die tafel geplaas vir onderhandeling en dis algemene kennis dat beleidsimplementering die swak skakel in die beleidsiklus is. Selfs implementeringsagente is nie altyd deeglik ingelig en toegerus vir hul taak nie.
Hier volg enkele aspekte wat gratis basiese onderwys onder verdenking plaas:
Baie skole hef ‘n registrasiefooi met die aanvang van elke akademiese jaar. Daar is skole wat van ouers verwag om fotostaatpapier en skoonmaakmiddels aan hulle te "skenk". Aan die begin van hierdie skooljaar het ek in die winkels gesien ouers gee redelik geld uit op skryfbehoeftes.
Dan is daar staatskole in die land wat aansienlike, bykomende bydraes van ouers verwag; hulle noem dit net nie ‘n ontwikkelingsfonds nie. Hierdie versoeke van skole is nie sonder grondige redes nie. Die meeste skole het busse, masjinerie, toerusting en sportfasiliteite wat onderhou moet word. Hierdie geld moet êrens vandaan kom!
Die beskuldiging is dat die ministerie van basiese onderwys, kuns en kultuur nie sy beloofde bydrae maak om onderwys werklik gratis te maak nie. Dit is tyd dat die ministerie terug na die tekenbord gaan en gratis basiese onderwys weer deeglik onder die loep neem.
As die Namibiese weergawe nie aan al die vereistes daarvan voldoen nie, is dit beslis nie gratis nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie