Onderwys – Hef aan lê voor: nou en in 2021
Godfrey Kleinhans – Gesprekke oor Covid-19 en die heropening van skole fokus veral op die vraag of alle voorkomingsmaatrëels in plek sal wees. Onderwysgemeenskappe en veral die ouers wil weet of skole en koshuise deeglik ontsmet is, of skole van voldoende ontsmettingsmiddels voorsien is, of elke kind oor ‘n masker sal beskik en of die afstandsrëel gehandhaaf kan word.
Ouers se grondwetlike plig om hul kinders skool toe te stuur, is vir eers opgehef en ouers kan besluit om hul kinders tuis te hou.
Vrae wentel egter nie net om die voorgeskrewe, fisieke protokol nie. Ouers en ander belanghebbendes brand om te weet of hul kinders, in die lig van die geweldige verlies aan onderrig- en leertyd, na die volgende graad bevorder sal word.
Covid-19 het ongelykhede in ons gemeenskap duideliker as ooit uitgewys en dit is nie regverdig om eenvoudig te verwag die speelveld moet vir almal gelyk wees nie.
Prof. Jonathan Jansen van die Universiteit Stellenbosch reken as gevolg hiervan alle leerlinge moet in 2021 outomaties na die volgende graad vorder. Ek dink die ministerie van onderwys, kuns en kultuur het met sy besluit om slaagvereistes te verlaag reeds die vraag in ‘n mate beantwoord.
Bykomende kwessies oor voorkoming moet aangespreek word. Een hiervan is opgeskerpte toesig in en buite die klaskamer.
Volgens die uitvoerende direkteur van die onderwysministerie sal die skooldag aangepas word om die aanbevole afstand tussen leerlinge te handhaaf. Sy het gesê dubbelskofte word oorweeg, wat die skooldag langer sal rek. Dubbelskofonderwys blyk ‘n politieke gogga te wees en dis jammer sy het nie ‘n uitdruklike opdrag gegee nie.
Die verlaging van slaagvereistes vergroot die verantwoordelikhede van onderwysers. Baie meer sal in die “nuwe normaal” gedoen moet word om te verseker leerlinge beskik oor al die nodige vaardighede teen die einde van die 2021-skooljaar. Inhaalwerk gaan nodig wees.
Klaskamerbestuur sal gekenmerk moet word deur baie goeie beplanning, effektiewe benutting van beskikbare bronne (veral van tyd) en die monitering en rapportering van leerlinge se vordering. Monitering, toesighouding, evaluering en hulpverlening deur senior personeel, inspekteurs en vakadviseurs sal moet verbeter in intensiteit en frekwensie. Indien dit nie gebeur nie, sal die land vir ‘n baie lang tyd met agterstande worstel.
Dit is nie ontmoontlik dat sommige kinders die skool permanent sal verlaat en funksioneel ongeletterd raak nie.
Tydens inperking is ‘n groot gewag gemaak van ouerbetrokkenheid by tuisonderrig, komplimentêre onderrig (“private tutoring”) en aanlynonderrig. Die vraag ontstaan hoe effektief hierdie modelle in die lig van heersende ongelykhede en tekortkominge in baie huishoudings toegepas is en kan word.
Sacmeq-studies toon baie ouers het nooit skool bygewoon nie of slegs tot ‘n graad in die laerskool gevorder. Sacmeq IV wys wel ‘n verbetering ten opsigte van sekondêre onderwys, maar weer ‘n vermindering in ouers met tersiêre onderrig.
Komplimentêre onderrig vind wel plaas in Namibië, maar dit is nie bekostigbaar vir baie ouers nie, terwyl ons relatief min weet van tuisonderrig.
Ongelykhede en gebreke tuis vergroot die werklading van onderwysers en vereis baie groter toewyding en betrokkenheid. Alternatiewe onderrigmodelle kan nie die onderwyser vervang nie.
Daar lê ‘n groot taak vir ons onderwysers voor en alle sterkte word hulle toegebid.
(Ek dra die artikel graag op aan ‘n dierbare vriend wat die lewe op 11 Junie 2020 gelaat het. Hy was 73 jaar oud en so het ‘n vriendskap van 63 jaar tot ‘n einde gekom. Ek sal hom mis!)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie