Onderwys u2013 Hersien beleid, en pas dit beter toe
Onderwys u2013 Hersien beleid, en pas dit beter toe

Onderwys – Hersien beleid, en pas dit beter toe

Dani Booysen
Godfrey Kleinhans - In my eerste rubriek in Januarie 2019 het ek aandag gegee aan die vraag of die huidige onderwysstelsel beter as die een voor 1989 is.

Ek het dit gedoen veral na aanleiding van ‘n diskoers wat ‘n Windhoekse sakeman oor hierdie vraag aan die gang gesit het. Ek het verwys na mense wat met nostalgie terugdink aan hul skooldae gedurende die “ou bedeling”.

My antwoord op die vraag was ‘n uitdruklike nee. Maar ons moet wel krities teenoor onderwysbeleid en die toepassing daarvan staan.

Onlangs vra ‘n lid van ‘n opposisieparty my hoe moet ons onderwys in die land regruk. Sy party is oortuig daar is groot fout met onderwys en dat belastingbetalers nie waarde vir hul geld kry nie.

In plaas van die tweeparagraafantwoord waarvoor hy gevra het, het ek hom in slegs een sin geantwoord: Hersien onderwysbeleid en sorg vir suksesvolle implementering.

‘n Tyd gelede het ‘n lid van die regerende party gesê ons onderwys moet minder westers en meer op Afrika-tradisies en -leefwyses geskoei wees. Ek is nie heeltemal seker wat sy daarmee bedoel het nie, maar ek dink die uitlating is gemaak sonder behoorlike navorsing oor, en die evaluering van Namibië se onderwysstelsel.

‘n Mens kan nie politiek en onderwys skei nie, soos ek al tevore opgemerk het. Wetgewing en beleid oor onderwys word deur politici bedink en geformuleer. Hulle ken ook geld en hulpbronne aan onderwys toe.

‘n Amptelike opposisieparty in ‘n parlement wil die regerende party uit die kussings lig. Daarom het opposisiepartye ‘n skadu-kabinet met skadu-ministers, of woordvoerders vir elke sektor. Die benadering verseker tradisioneel ‘n voortdurende staat van gereedheid, sou die bewind verander.

Die amptelike opposisie en ander opposisiepartye moet volhoubare alternatiewe ontwikkel indien hul vertroue wil inboesem.

Verandering moet stelselmatig geskied. Oorywerige implementering van nuwe beleid kan ernstige negatiewe gevolge hê.

‘n Mens gooi nie die baba met die badwater uit nie.

Wat gemaak met ‘n onderwysstelsel wat nie aan verwagtinge voldoen nie?

‘n Onderwysstelsel bestaan uit vele fassette, waarvoor beleid ontwikkel en bronne gevind moet word. Die opposisie se alternatiewe moet hierdie werklikheid en die nasie se verwagtinge in ag neem.

‘n Natuurlike eerste stap is die evaluering van leerplanne. Kurrikula is die hartklop van onderwys.

Wat ons wil bereik, moet onderrig en leer rig.

Volgens dieselfde beginsel sal onderwysers wat deeglik ingelig is oor hoe, wat, waarom, hoeveel en wanneer daar geleer word, in staat wees om hul onderrigmetodes te verbeter en leerlinge tot nuwe hoogtes te lei.

Politieke partye moet versigtig wees met die verandering van onderwystelsels en ontwikkeling van nuwe leerplanne. Dit is ‘n tydsame proses en verg kundigheid.

Hervorming kan nie op vooroordele en lukrake gevolgtrekkings berus nie.

Sommige mense glo steeds die regering het sedert 1989 te vinnig met die implementering van sekere fassette van die Namibiese leerplan begin. Navorsers reken ook hervorming is gerig deur ‘n liberale filosofie wat nie noodwendig die nodige veranderinge effektief ondersteun het nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!