Onderwys - Kiesbeloftes en dwalings
Godfrey Kleinhans - Die tyd waarin ons leef, herinner my aan Charles Dickens (1859) se woorde in A tale of Two Cities: ”the best of times, the worst of times”.
Enige verkiesing gaan gepaard met groot opwinding en afwagting. Hierdie een is egter ‘n bietjie anders.
Naas die normale moddergooiery en slegsê het ‘n enorme korrupsieskandaal skielik sy kop uitgesteek. Twee oudministers en ander sakemanne word by die beweerde viskwotaskandaal betrek.
Kandidate en ondersteuners van die regerende party vra waarom nou so kort voor die verkiesing, terwyl die kandidate en aanhangers van die opposisie graag wil weet waarom nie nou nie. Dit is volgens hulle die aangewese tyd vir geraamtes om uit die kaste te val.
Die apartheidsverlede en "wit monopoliekapitaal" kan nie hiervoor geblameer kan word nie. Die vennote van verdagtes sit ver van die Namibiese oewers.
Die president het die regte ding gedoen om druk op die beweerde betrokkenes te plaas om te bedank en die vervolgingsgesag opdrag te gee om die aangeleentheid te ondersoek. Maar dan voeg hy by dat Ysland se hande nie skoon is nie.
Ek het twee probleme met hierdie uitlating. As emosiebelaaide uitlatings soos hierdie oor en oor herhaal word, kan mense dalk later glo dit is die waarheid. 'n Ryker en meer ontwikkelde Ysland kan tog nie die eintlike sondebok wees nie. Die aandeel van die beweerde Namibiese betrokkenes en die Yslandse vismaatskappy spesifiek mag nie vervaag nie.
Tweedens, is dit nie miskien tyd vir ernstige selfondersoek en ontboeseming nie?
In 1969 het die ANC by die Morogoro-konferensie in Tanzanië na binne gekyk en hul eie sondes en dwalinge onthul. President Cyril Ramaphosa het in hierdie jaar redelik dikwels na die Morogoro-temas in sy toesprake verwys.
Volgens die Suid-Afrikaanse president moet leiers altyd aanspreeklik gehou word vir hul dwalinge. ”We should no longer be prepared to defend the indefensible,” het hy gesê.
En dan was daar die verdoemende, profetiese woorde van Chris Hani: ”What I fear is that the liberators emerge as elitists who drive around in Mercedes Benzes and use the resources of this country to live and gather riches.”
Inventarisse van openbare figure se bates en belange moet oopgemaak word sodat die nodige vrae gevra kan word.
Naas wanpraktyke in die openbare en privaat sektore in post-koloniale Afrika het die vasteland ‘n mynveld van verkeerde beleidsrigtings geword.
Die probleem wat die Gautengse onderwysdepartment nou ervaar, is duidelike bewys hiervan. Dit lyk nie of die nuwe aansoekprosedure werk nie, die aantal klaskamers is blykbaar heeltemal onvoldoende en ouers sit met groot bekommernisse. Die departement wil nou die kapasiteit van skole verhoog deur die reeds hoë leerling-onderwyser-ratio verder op te stoot en Engelstalige kinders op Afrikaansmedium skole af te dwing. Daar word alreeds met hofsake gedreig en die LUR vir Onderwys se kop word geëis.
Namibië is geen uitsondering nie.
Ten spyte van die grondwetlike plig om onderwys tot en met die ouderdom van 16 jaar te voorsien, is gratis onderwys ook na sekondêre skole uitgebrei. Tesame hiermee is "verpligte" bydraes tot ontwikkelingsfondse gestaak en skole kan nou slegs vrywillige bydraes van ouers vra.
Bestaande beleid oor gratis onderwys en ontwikkelingsfondse werk duidelik nie. Dit kan ook nie aangesien die begroting sedert verlede jaar met ongeveer 66% ingekort is.
Ek het baie meer simpatie en empatie met streeksdirekteure en implementeerders van beleid as met die formuleerders daarvan. Vir my is dit duidelik dat beleidmakers hierdie veranderinge in skoolfinansies beveel het sonder ‘n deeglike, voorafgaande ondersoek. Hulle het duidelik nie gedink aan die ontwrigtende effek wat dit op skole sou hê nie, asook aan die nadelige impak daarvan op toegang tot kwaliteit onderwys.
Dit is tyd dat daar ‘n deeglike ondersoek na hierdie aspekte ingestel word. Dan, en slegs dan, kan ‘n goedingeligte besluit geneem word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie