Onderwys – Koop die tyd uit
Godfrey Kleinhans – Kwalifikasies en ervaring is nie al wat onderwysers se vergoedingspakkette bepaal nie.
Hulle word ook vergoed vir die tyd wat hulle by die skool deurbring en die tyd wat hulle aan onderrig en leer wy. Die algemene verwagting is dat ‘n onderwyser beskikbare tyd ooreenkomstig die sillabusvoorskrifte sal bestee. Dit is afgesien van die tyd wat die opstel van toetse, eksamens en nasienwerk verg.
Die idealiste sal argumenteer onderwys is ‘n roeping en nie ‘n geldmaakbedryf nie. Die belastingbetaler betaal vir die diens en belastingbetalers in skoolgemeenskappe het dus die reg om ‘n ogie oor onderwysaktiwiteite in hul omgewing te hou. Belastingbetalers mag kritiek lewer en voorstelle vir verbetering maak.
Die proses behoort te geskied in die streekonderwysforums waarin alle belanghebbendes verteenwoordiging moet hê.
Onderwysgemeenskappe moet weet hoeveel tyd word aan onderrig en leer in hul skole bestee word en of dit ooreenkomstig die verwagtinge hierbo geskied.
‘n Ondersoek deur die Wêreldbank wys daarop dat ongeveer 22% van onderrigtyd verlore gaan in Tunisië en ongeveer 62% in Ghana.
In Kameroen kon 749 uit 848 junior primêre leerlinge volgens navorsing nie ‘n woord lees nie. Selfs topleerlinge kon slegs teen ‘n spoed van 12 tot 27 woorde per minuut lees. Navorsers het die onvermoë aan die verlies aan onderrig- en leertyd toegeskryf.
SACMEQ-navorsing het soortgelyke onvermoëns in Namibië en ander lande in Suider-Afrika uitgewys.
Verlies aan onderrigtyd is nie ‘n vreemde verskynsel in ons skole nie. Onderwysers mag afwesig wees wanneer hulle ongesteld is, vir dringende persoonlike sake en wanneer daar ‘n sterfte in die familie is. Onderwyseresse is geregtig op kraamverlof en onderwysers woon vergaderings en slypskole by vir beplanning en opleiding. Baie tyd gaan verlore.
Onderrigtyd gaan ook verlore omdat skole en klasse nie op tyd begin nie, omdat skole vroeg sluit, omdat onderwysers laat opdaag of eers ander afsprake moet nakom of met administratiewe take besig is.
Tyd word ook bestee aan vergaderings en take wat niks met onderrig en leer te make het nie.
Wat sorgwekkend is, is dat die verskynsels toenemend voorkom by skole in behoeftige gemeenskappe. Administrateurs wat toesig moet hou oor onderwys steur hulle blykbaar nie hieraan nie.
Meer waarde moet geheg word aan die tydruimte waarin onderrig en leer plaasvind. Navorsing wys die afwesigheid van onderwysers en leerlinge is minder in meer gegoede skoolgemeenskappe.
Onderwyers in Egipte, Libanon, Morokko en Jemen bestee na beraming 60,86% van hul tyd aan onderrig, In Chicago in die VSA is die syfer so hoog as 85%.
Baie geld gaan verlore wanneer onderwysers se tydbesteding nie met sillabusvoorskrifte tred hou nie.
Onnodige afwesigheid van onderwysers is in stryd met die in loco parentis-beginsel. Onderwysers kan nie hierdie “ouerlike plig” nakom wanneer hulle leer- en onderrigtyd vir ander take gebruik nie.
Navorsing kan bewys watter rol afwesigheid in swak uitslae speel.
(Gebaseer op navorsing van Helen Abadzi in 2007 getiteld “Instructional Time Loss and Local Level Governance”.)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie