Onderwys u2013 Lei deur bestuur
Onderwys u2013 Lei deur bestuur

Onderwys – Lei deur bestuur

Dani Booysen
Godfrey Kleinhans – In vorige aflewerings het ek heelwat gewroeg oor die kwaliteit van leierskap waaraan die internasionale gemeenskap (ons ingesluit) blootgestel is en steeds word.

Dit gaan alle verstand te bowe dat mense wat as leiers aangewys word toelaat dat konflikte onverpoos voortwoed, begraafplase by die dag voller word en mense in ellende gedompel word. Ek vind dit moeilik om te verstaan dat gemeenskappe in armoede gedompel word deur die magshebsug, kortsigtigheid en gierigheid van leiers. Ek vind dit ewe moeilik om te verstaan dat gemeenskappe voortgaan om persone in leierposisies aan te wys wat nie enige verandering in hul omstandighede teweeg bring nie.

Ons bevind onself in ‘n wêreld wat arm is aan werklike leiers. Daar is baie leiers op die ope mark, maar die met werklike markwaarde in die openbare sektor is maar yl gesaai.

Hulle wie ons dringend nodig het, verstaan en het insig in hul bestuursomgewings, en het soos ons almal vrese en bedenkinge, maar deins nie terug vir uitdagings nie. Bowenal skram hulle weg van oneerlikheid, korrupsie en nepotisme.

Ons wêreld soek dringend leiers soos die predikant Nico Jooste, wat sy intrek geneem het by ‘n swart gemeente in Mamelodi, ‘n Beyers Naude wat standpunt ingeneem het teen die magtige Nederduits Gereformeerde Kerk, ‘n George Bizos wat ten spyte van dreigmente tot die bitter einde sy standpunt teen onreg gehandhaaf het en ‘n Nelson Mandela wat bereid was om te sterf vir dit waarin hy geglo het.

Maar, dit is nog nie te laat nie. Solank daar tyd is, is daar hoop. “Cometh the hour, cometh the man.”

Hierdie uitdaging word veral nou deur alle sektore ervaar. Die ekonomie het sigbaar ingekrimp, ons gesondheid word bedreig, familie- en gesinslewens word ontwrig en die verbod op sosialisering het die beoefening van sport, geloofsuitlewing en onderwys feitlik tot stilstand geruk.

Die vraag is of ons onderwysleiers het wat die situasie kan regruk en verdere skade kan verhoed.

Ja, ons weet ons het baie onderwysbestuurders wat bestuurstyle en hul pligstate deeglik verstaan, maar hoeveel is buigsaam en sensitief genoeg om ‘n bestuurstyl toe te pas wat deur bepaalde omstandighede gedikteer word?

Leiers poog om hul volgelinge te motiveer en te beïnvloed om hul gedrag te wysig om beoogde doelwitte te bereik. Bestuurders is aan die ander kant geneig om te doen wat ‘n organisasie voorskryf en van hulle verwag. Hulle fokus op die bestuursomgewing, pligstate en die delegering van pligte om die organisasie se doelwitte te bereik.

Leiers is nie altyd die beste bestuurders nie en bestuurders slaan nie altyd ag op die behoeftes en uitdagings van ondergeskiktes nie. Bestuurders laat hulle soms ook lei deur politieke korrektheid en politieke affiliasie.

Omstandighede noop ons om die kwaliteite van bestuur en lei te versoen.

Om tegelyk effektief te bestuur en te lei is nie altyd maklik nie; dit vereis spesifieke vaardighede. Maar dit kan gedoen word.

Onderwysadministrateurs en skoolhoofde moet kennis hê van alternatiewe onderwysmodelle wat die verlies aan onderrig- en leertyd kan beperk en seker maak onderwys kom weer uit die blokke. Hulle moet weet hoe om leerlinge en onderwysers só te bestuur dat die nadelige sielkundige impak van inperkings tot die minimum beperk word. Hulle moet onderwysers so kan motiveer en beïnvloed dat leerkragte alternatiewe modelle met insig midde die uitdagings van Covid-19 toepas.

Net goed geleide en goed bestuurde taakgerigtheid sal werk.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!