Onderwys - Leierskaplesse in die verre Japan
Onderwys - Leierskaplesse in die verre Japan

Onderwys - Leierskaplesse in die verre Japan

Dani Booysen
Godfrey Kleinhans - Die groot vierjaarlikse internasionale rugbyskouspel is iets van die verlede en Rassie Erasmus en Siya Kolisi is reeds op pad huis toe saam met die span en die ondersteuningspersoneel.

Die oorwinning is ‘n bevestiging dat leidinggewing op en van die veld doeltreffend was.

Die Suid-Afrikaanse samelewing het hierdie oorwinning broodnodig gehad. Die vorige president en sy trawante het ‘n gebroke land agtergelaat. Van die heulers wat aan die bestuur van noodsaaklike instansies was, verskyn nou een vir een voor die Zondo-kommissie en in die buurland se hoërhowe. Dit is baie duidelik dat die besluitnemingsprosesse waaraan hulle deelgeneem het niks met die vooruitgang van Suid-Afrika te make gehad het nie, maar eerder met selfverryking en bevoordeling van vriende en familie.

Die naweek se oorwinning het nou ‘n platform vir leiers geskep om bymekaar te kom, hande te vat en die pad vorentoe te bepaal. Die toekoms vir Suid-Afika kan rooskleurig wees; die pot goud lê miskien iewers verberg aan die einde van die rëenboog. Oplossings wat saam gesoek word, is nie moeilik om op te spoor nie.

Swart spelers soos Kolisi moes vir jare gebuk gaan onder die kollektiewe skelnaam van "kwotaspelers". Die prestasies van die nie-wit spelers op die veld, en veral in die eindstryd, bewys dit was ‘n onregverdige en onnodige etiket wat hulle om die nek gehang is.

Kolisi is gebore toe sy ma maar sestien jaar oud was. Sy pa was op hoërskool. Hy het grootgeword in die verarmde Zwide net buite Port Elizabeth.

As rugbyspeler het hy as jong skoolseun reeds talentsoekers beïndruk en sodoende by Grey Hoërskool in Port Elizabeth beland. Siya het bewys dat hy ‘n rugbyspeler is wat in enige Springbokspan hoort. Siya is ‘n leier Hy kom uit ‘n omgewing waarin elke inwoner geweldige samelewingsdruk moet weerstaan om te oorleef. Siya het!

Siya Kolisi het ook nie vergeet vanwaar hy kom nie. Heel toepaslik het hy sy ondersteuners bedank: “We appreciate all the support – people in taverns, in the shebeens, on the farms, homeless people in the rural areas.” Dan sluit hy af: ”. . . we can achieve anything if we work together as one”.

Uit Siya se sukses is dit duidelik die seleksie van leiers nie gedryf kan of moet word deur ras, taalvoorkeure, velkleur of agtergeblewenheid nie, Meriete moet die deurslag gee.

Rassie Erasmus het grootgeword op my ou buurdorp, Despatch; so om en by 20 kilometer suid van Siya se speelplekke. Despatch is (of was) ‘n kleinerige, konserwatiewe dorp buite Uitenhage anderkant die Swartkopsrivier.

Die aanstelling van Erasmus was wyd gekritiseer en betwyfel veral na die onaangenaamheid waaronder Allistair Coetzee die pos moes ontruim. Maar leiers word geken aan die nexus (band) tussen hulle en hul volgelinge. Erasmus het bewys dat hy planne kan beraam, planne vir onderhandeling kan voorlê en motiveer, nuwe uitdagings (veranderings) kan aanvaar en vernuwe. Maar bowenal het Erasmus vertroue in sy span gehad.

Baie geluk aan Kolisi, Erasmus, die spelers en die ondersteuningspersoneel.

Mag hierdie oorwinning in ‘n sekere sin vir Suid-Afrika ‘n nuwe begin wees. Die semi-staatsinstansies soos Eskom en die SAL moet nog "gered" word; die 29,1% werkloosheidsyfer moet dringend aandag kry; behuising is ‘n groot probleem en die beweerde ongerymdhede by SA Rugby waarna Graeme Joffe (2019) in sy boek Sport, Greed and Betrayal verwys, moet besweer word. En die Suid-Afrikaanse gemeenskap moet nog gesuiwer word van skurke en skelms. Die Guptas het gevlug, maar daar is nog talle Jacob Zumas, Ace Magashules, Dudu Myeni’s en Brian Molefes.

Daarvoor benodig die land ware en opregte leiers wat kreatief kan dink, wat die stryd vreesloos kan aanpak en nie noodwendig deur die politieke drukgang kom nie. Dit is die groot opdrag vir Cyril Ramaphosa en sy span: “It is not triumph which defines a man, but tragedy. Triumph always brings out the best in men, but tragedy shows us what we are made of.” (Jocelyn Murray: The Roman General).

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!