Onderwys -'n Blaadjie uit 'n legende se boek
Godfrey Kleinhans
Dit word gesê dat daar agter elke suksesvolle man ‘n effektiewe vrou is.
Dit is ‘n bewese feit dat daar agter elke presterende en funksionele skool ‘n uiters effektiewe skoolhoof is.
Ná die eerste aflewering oor die pligte van skoolhoofde was ek aangenaam verras deur ‘n epos van die oud-skoolhoof, mnr. Hans Hashagen.
Mnr. Hashagen is net voor die einde van die Tweede Wêreldoorlog in Berlyn gebore. Sy pa is gedurende die oorlogsjare oorlede. Hy emigreer saam met sy ma na die destydse Suidwes-Afrika in 1950. Sy laerskooljare bring hy deur op Grootfontein en Otavi.
Sy hoërskoolloopbaan sluit hy af op Swakopmund en behaal die BA Honneurs en Senior Sekondêre Onderwysdiploma aan die Universiteit van Stellenbosch. Vanaf Januarie 1967 tot en met die einde van 1973 beklee hy sy eerste betrekking by die Hoërskool Grootfontein.
Hierna word hy bevorder tot die pos van skoolhoof by Laerskool Gluck-Auf; die eerste staatskool vir Duitssprekendes op Tsumeb. Tussen 1986 en 1991 doen hy diens as vakadviseur in Windhoek. Hy keer terug na die skool in 1992, maar hierdie keer as hoof van Hoërskool Delta in Windhoek.
Sy opdrag by die skool was om dit meer toeganklik vir ander taalgroepe te maak.
Namibië was onafhanklik en die uitdagings al hoe meer.
Hashagen spreek sy waardering uit vir die bystand wat verleen is deur oudminsters Nahas Angula en John Mutorwa. Hy het ook groot waardering vir die onderwysgemeenskap, van wie hy goeie samewerking ontvang het, sy kollegas en die streeksdirekteure onder wie hy gewerk het.
Hy en sy kollegas is veral gedryf deur elke kind se reg op goeie onderwys. Hulle het geglo in selfdissipline en dat onderwysers elke leerling in hul sorg moes ken. As skoolhoof het hy die volle ondersteuning van 'n uitstekende personeel en ouergemeenskap gehad.
Mnr. Hashagen beklemtoon slegs wat die navorsing ons gereeld leer: sonder hierdie ondersteuning is dit onwaarskynlik dat enige skoolhoof suksesvol in sy strewe kan wees.
Hy worstel egter met ‘n paar kritiese vrae oor hoe sekere prosesse vandag in die onderwys verloop.
Hy wonder of skoolhoofde nog leiding mag neem in tye van krisisse en uitdagings en betreur die feit dat aanstellings in die onderwys nie altyd apolities is nie. In die lig hiervan, asook ander uitdagings, wonder mnr. Hashagen of die skool nog uitvoering aan sy oorspronklike mandaat gee.
Dit hinder hom dat so baie leerlinge en onderwysers Covid-19 opdoen. Hy wonder of die gebrek aan water, elektrisiteit en behoorlike ablusiegeriewe by baie skole na 31 jaar en oorvol klasse nie oorsake hiervan is nie.
Baie ontwikkeling het sedert 1989 in baie samelewingsektore plaasgevind terwyl onderwys aan die agterspeen gedrink het. Dit is mnr. Hashagen se refleksies as hy terugkyk op sy lang onderwysloopbaan.
Hy het ‘n skrywe van een van sy oudleerlinge, met wie hy op Facebook kommunikeer, aangeheg. Sy is Marie Ndimbira-Rosner, wat nou al byna vyf jaar in die VSA woon. Newark, New Jersey is tans haar tuiste.
In haar skrywe verwys sy ook na haar drie susters wat aan dieselfde skool verbonde was, en baie suksesvolle volwassenes is. Ivette was hoofmeisie in 2000, beskik oor ‘n doktorsgraad en is ‘n kankernavorser by Tukkies in Suid-Afrika. Sonia het ‘n meestersgraad, woon in Ethiopië en lei die African First Ladies Desk. Diana was die onderhoofmeisie in 2005 en werk vir die Verenigde Nasies in Somalië.
Syskryf haar en haar sibbe se sukses toe aan die suksesvolle wyse waarop mnr. Hashagen die skool bestuur het. Sy bevestig wat die navorsing ons gereeld vertel: die sukses van ‘n skool word bepaal deur hoe effektief dit deur die prinsipaal bestuur word.
Marie sê oor mnr. Hashagen: "You are definitely a legend in our family."
Delta Hoërskool is steeds een van die leidende staatskole in die land. Dit is veral te danke aan die skool se onderwysers en skoolhoofde soos mnr. Hashagen, mnr. Jürgen Koch en me. Angelika Jacobie.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie