Onderwys - 'n Leerskool vir leierskap
Godfrey Kleinhans - ‘n Raak, omvattende en generiese omskrywing van leierskap bly ‘n mens ontwyk.
Die rede hiervoor is dat ‘n beskrywing wat vir een tydvak geld, moontlik nie van toepassing sal wees in ‘n ander tydvak nie.
Ons leer van die bestuursguru Peter Drucker dat ‘n leier ‘n persoon met ‘n gevolg is. Volgens hom hou ‘n leier ‘n duidelike haalbare visie aan sy/haar volgelinge voor, help hulle uitstyg bo die matige (mediocre) en normale prestasies en help terselfdertyd met die bou van hul persoonlikhede.
Wat opvallend van Drucker se definisie is, is dat dit nie verwys na die bestuursproses of bestuursomgewing nie, maar na leierskap. Die onderskeid tussen ‘n leier en ‘n persoon wat ‘n leiersposisie beklee in ‘n politieke party, openbare of privaat instansie is duidelik.
Die woorde leier en leierskap word deesdae algemeen gebruik; veral binne die politieke konteks. Ek sien een van die partye wat aan die komende verkiesing gaan deelneem, verwys na elke kandidaat op sy pamflet as ‘n leier.
Hulle is deur die lede van die party as kandidate aangewys en nou is dit die taak van die kiesers om te besluit of hulle inderdaad aan die beskrywing van leiers voldoen.
In die onlangse verkiesing in die VSA het die kiesers uiting gegee aan hul behoeftes om wesentlike leierskap. Hulle het maar min daarvan gesien gedurende die eerste termyn van pres. Donald Trump. Die Amerikaners het duidelik ‘n stem uitgebring teen diktatoriale neigings, impulsiwiteit en ongedissiplineerdheid. Hulle soek na iemand met groot respek vir die waarheid, stabiliteit, die reg en die menings van ander. Deur te stem vir leierskap het hulle die bedreiging teen demokrasie afgeweer.
Onderwys is ‘n toekomsgerigte wetenskap en ons berei kinders voor om die leiers van môre te wees.
Dit is noodsaaklik dat skole oor formele (kurrikulêre) en informele (buite-kurrikulêre) programme beskik om te help met die verwesentliking van hierdie doelwit. Daar bestaan uitstekende inligting (en voorbeelde) vir kruis-kurrikulêre aktiwiteite terwyl sport, kultuur, die aanwys van prefekte (skool, klas, biblioteek, ens.) voortreflike areas is vir leierskapontwikkeling. Baie sulke werk word ook deur die buitelugskole in Namibië gedoen.
Daar is baie voorbeelde uit die geskiedenis wat as kernmateriaal vir temas en projekte aangewend kan word. Mens kan veral hier dink aan Nelson Mandela, Abraham Lincoln, Sandra Day O’Connor, Eleanor Roosevelt, Rosa Parks, Winston Churchill, die Mahatma Mohandas Gandhi, Sir Seretsi Khama, oud-president Hifikepunye Pohamba, Andimba Toivo ya Toivo, Dirk Mudge en vele ander.
Mens moet egter nie die fout begaan om te dink dat leiers van hierdie kaliber sonder foute is nie. Die franse filosoof Jean Jacques Rousseau, die groot kampvegter vir kinderregte, was die vader van vele ongehude kinders terwyl die groot struggle-ikoon, Chris Hani, nie juis onbevlek was nie. Maar, dat hierdie mense toonbeelde van leierskap was, is nie te betwyfel nie.
Skole sal baat by die volgende xxxxxx deur Sandra Day O’Connor: "In order to set leaders with legitimacy in the eyes of the citizenry it is necessary that the path to leadership be visibly open to talented and qualified individuals of every race and ethnicity."
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie