Onderwys: Ommekeer oor seksonderrig
Tuyeimo Haidula op Oshakati
Die adjunk- eerste minister en die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, het ’n ommekeer gemaak oor haar besluit om die Omvattende Seksonderrig (CSE)-program in skole te staak.
Republikein se susterkoerant Namibian Sun het in Oktober vanjaar berig dat Nandi-Ndaitwah 'n brief aan me. Anna Nghipondoka, die minister van onderwys, kuns en kultuur, geskryf het waarin sy haar aangeraai het om nie Namibië se bande met Oos- en Suider-Afrika (ESA) se ministeriële verbintenis tot die CSE-program te hernu nie.
Burgerlike organisasies, waaronder die African Youth and Adolescents Network (AfriYAN) in Namibië, sowel as die Namibië Beplande Ouerskapvereniging (Nappa) was ontstoke oor dié besluit en het Nandi-Ndaitwah genader oor die noodsaaklikheid van seksonderrig in skole.
Sy het daarna ’n aanbeveling aan die onderwysministerie gemaak dat die CSE-program in skole voortgesit moet word, maar onder 'n ander naam, naamlik vaardigheidsgebaseerde gesondheidsopvoeding.
Me. Sanet Steenkamp, die uitvoerende direkteur van onderwys, het vandeesweek gesê die ministerie het 'n volledige voorlegging oor die belangrikheid van die CSE-program, en wat dié leerplan volgens verskillende grade sal behels, aan die kabinet voorgelê.
Steenkamp het gesê dit is belangrik om die wanopvattings rondom CSE af te breek. Die idee dat die ministerie kinders aanmoedig om aan vroeë seksuele aktiwiteite deel te neem, is nie waaroor CSE gaan nie, het sy bygevoeg.
“Die leerplan verskil volgens grade en die inhoud is geskik vir die onderskeie ouderdomme. Tans word baie onderwysers opgelei vir wanneer die program volgende jaar voortgesit word,” het sy gesê.
Steenkamp het op 11 November in ’n brief aan alle Exco-lede geskryf die kabinet neem kennis van misverstande en angs wat veroorsaak word deur die term “omvattende seksualiteitsopvoeding" en het die ministerie van onderwys se voorstel aanvaar om die term na “vaardigheidsgebaseerde gesondheidsopvoeding" te verander.
Sy het gesê die kabinet het riglyne aan die onderwysministerie verskaf om toe te sien dat beroepsvoorligting in die lewensoriënteringkurrikulum vir senior primêre en junior primêre fase ingesluit word.
“Die kabinet beopdrag ook die ministerie om toe te sien dat alle betrokke belanghebbendes, insluitend ouers, geraadpleeg word voor die aanvang van die implementering van die ESA-verbintenis vir die 2021-’30-termyn. Die beraadslaging moet verseker dat die ESA-verbintenis volgens die Namibiese konteks aangepas word, soos om aan te pas by godsdienstige, kulturele, tradisionele en morele waardes en norme,” lui die brief.
Steenkamp sê die ministerie het reeds met beraadslaging met belanghebbendes begin. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie