Onderwys - Ons twee ministeries moet mekaar reghelp
Godfrey Kleinhans
Die kwessie oor die toelating van graad 11-skoliere tot universiteite blyk nog ver van afgehandel te wees.
Die studente kan wel toelating by die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) en die International University of Management (IUM) kry, maar die Universiteit van Namibië (Unam) het dusver nee gesê of het blykbaar nog nie 'n finale besluit geneem nie.
Ek is steeds nie oortuig dat die minister van hoër onderwys se aandrang dat Unam sy standpunt moet verander in pas met die aard, funksie en werksaamhede van universiteite in die land is nie.
Die minister baseer haar sienswyse op die onderwyskonferensie van 2011 waarna ‘n kabinetsbesluit gevolg het. Die kabinet het die wysiging van die kurrikulum wat ten tyde van die konferensie bespreek is in 2012 aanvaar.
Uit beskikbare bronne blyk dit die minister het ‘n paar kritieke foute gemaak.
Ses tot sewe jaar later wys die omsendbrief Formal Education 3/2018 eerstens daarop dat die prestasie van graad 11-leerlinge bevordering tot graad 12 sal bepaal. Ons moet onthou hierdie voorreg is nie beskore vir leerlinge met middelmatige en onbevredigende uitslae nie.
Hoe verklaar 'n mens die minister se "opdrag" dat graad 11's nie toelating geweier kan word nie, maar alle graad 11's kan ook nie na graad 12 vorder nie? Is daar al gewerk aan toelatingsvereistes vir hierdie leerlinge? Dit sal seker nie gewens wees om hulle toe te laat op grond van die vereistes wat tans vir graad 12's geld nie? Is daar al besluit tot watter kursusse graad 11's toegelaat gaan word? Nog ‘n lastigheid: gaan dieselfde puntestelsel as vir graad 12's gebruik word?
Terug na Formal Education 3/2018. Die beleidstuk spel duidelik uit graad 11's sal toegang tot NQF vlak 3 instellings hê, terwyl graad 12's tot instellings en kursusse op NQF vlak 4 toegelaat sal word. Hier word ‘n duidelike onderskeid getref tussen naskoolse geleenthede vir die twee groepe.
In Suid-Afrika het oudpresident Jacob Zuma in 2017 gratis tersiêre onderwys afgekondig; vermoedelik sonder behoorlike navorsing en konsultasie. Sedert 2015 is geen akademiese jaar in die buurland nog sonder optogte en geweld voltooi nie.
Die onluste kring nou opnuut uit vanaf die Universiteit van die Witwatersrand waar een buitestaander dood is en ‘n hele klomp studente al in hegtenis geneem is. Die studente eis weereens gratis onderwys en dat geen student op grond van historiese skuld geweier mag word nie.
Universiteite se skuld is hemelhoog en dieselfde Blade Nzimande wat voorheen by die instellings probeer inmeng het, sê die staat het eenvoudig nie die bronne om hieraan te voldoen nie. Ace Magashule, wie se pienk oorpak reeds by die tronk bespreek is, maar nog altyd die ambisie koester om eendag president te word, skaar hom openlik en uitdagend aan die kant van die studente.
Wat kan ‘n mens uit die gebeure leer?
Wanneer daar gepeuter word aan die institusionele outonomiteit en akademiese vryheid van universiteite is jy buite orde en soek jy moeilikheid. Elke universiteit beskik oor ‘n raad, ‘n senaat, fakulteite en departemente met personeel wat slim genoeg is om self verandering aan te spreek.
Sulke verwikkelinge toon ook ‘n uiters gevaarlike gebrek aan leierskap. Ons het in Suider-Afrika leiers wat eenvoudig nie die negatiewe impak van hul beleidsbesluite kan visualiseer nie.
Verder vind ek dit vreemd dat die universiteite eenvoudig nie die minister kan oortuig van haar dwalinge nie. En ek vind dit net so vreemd dat die ministerie van onderwys wat die brief opgestel het nie hul kollegas by hoër onderwys tot ander insigte kan bring nie.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie