Onderwys - Oorlog se verskrikking
Godfrey Kleinhans – Gedurende tye van oorloë word ons wêreld heeltemal op sy kop gedraai.
Die oogmerk van opponerende magte in 'n oorlog is om mekaar uit te wis of te vernietig en doodslag is gewettig. Burgerlikes is ook nie gevrywaar teen aanvalle deur vyandige magte nie.
Die dood van ses miljoen Jode aan die hand van die Nazi’s is steeds die grootste skandvlek in menslike heugenis. Dan praat ons nie eens van die moord en verkragting van vroue en kinders nie.
Die Verskroeide aarde-beleid van die Engelse gedurende die Anglo-Boereoorlog was gemik daarop om die Transvaalse en Vrystaatse burgers te dwing om die wapen neer te lê. Die Britse oorlogskantoor het eenvoudig verklaar dat die bepaalde optrede vereis deur internasionale reg nie vir die Boere van die twee republieke gegeld het nie. Baie plase is afgebrand en vroue en kinders is na konsentrasiekampe verban.
Natuurlik was daar ook ‘n motief van ‘n meer ekonomiese aard. Die Engelse soldaat moes met kos op die oorlogsfront onderhou word. Landerye is gestroop en groot getalle klein- en grootvee is weggevoer. Die vernietiging van plase het met groot brutaliteit en onverskilligheid plaasgevind, maar soos in die meeste oorloë was die optrede van die Boeremagte ook nie altyd onbesproke nie, byvoorbeeld in Natal en dele van die Kaapkolonie.
Klasie Havenga, oudminister in die uniekabinet, het in opdrag van generaal Hertzog verklarings van vroue afgeneem. Skrikwekkende verhale van mishandeling en verkragting is deur hierdie vroue vertel.
Ene Sarie Margeriette Cilliers kon net-net daarin slaag om verkragting (ontering soos sy dit genoem het) te ontkom. Johanna Catorina Geldenhuys en haar tienjarige dogter Thalita was nie so gelukkig nie. Een van die drie soldate het Thalita begin betas en Johanna het tussenbeide getree om haar dogter te beskerm. Die soldaat het haar ten aanskoue van die ander verkrag.
Havenga is in 1937 oorlede en sy versameling dokumente is aan die Universiteit van die Vrystaat geskenk met die opdrag dat dit eers né 25 jaar openbaar gemaak mag word. Dit het in 1982 gebeur.
Oorloë het ‘n vernietigende effek op die gesinslewe. Vroue verloor hul mans en kinders word die versorging en beskerming van hul ouers ontsê. Kinders moes vinnig groot word; hulle moes leer om saam met die trauma te leef. Naas die vele wesies moes daar ook baie kinders weens die verkragtings gebore gewees het.
Van regstellende optrede of vergoeding was daar nooit sprake nie. Die vredesooreenkoms van Vereniging het eenvoudig nie daarvoor voorsiening gemaak nie. Amnestie het vir almal gegeld.
Die talle verklarings wat deur hooggeplaasdes sowel as die Engelse afgeneem is, was dis van nul en gener waarde. Havenga, ‘n ambisieuse mens, was ook te besig om die politieke leer te klim en sou nie sy loopbaan in gevaar wou stel nie. Smuts en Botha was besig om goeie verhouding met die Britse ryk te smee om die stigting van die unie te bespoedig.
En so is hierdie skandvlek in die geskiedenis van die Afrikaner doodgeswyg. Maar, hierdie episode in die geskiedenis van die Afrikaner is nog nie behoorlik nagevors nie; ons weet nog bitter min daarvan. Die finale woord is nog nie oor Havenga en ander se verslae gespreek nie.
Laat ek hierdie droewe tema met ‘n tikkie humor afsluit. My ma het te vertel dat sommige vroue se oë gedurende die Tweede Wêreldoorlog so 'n bietjie gedwaal het terwyl die mans op die front was of elders moes diens doen. Met die terugkeer van hul mans was mooi praat, baie verduideliking en oorreding nodig. Ander moes maar die hasepad kies.
Sommige vroue moes ook verduidelik hoe die gesin in die afwesigheid van die wederhelf dan so mooi gegroei het.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie