Onderwys - Oorreding en beïnvloeding
Godfrey Kleinhans – Die skorsing van die onderwysdirekteur in die Hardapstreek, wat in verlede week se rubriek opgeneem is, het my oortuig dat daar ernstige leemtes ten opsigte van kundigheid en vaardigheid in ons politieke areanas is.
Individue wat die politiek betree, vergewis hulle nie altyd van wat hul mandaat van hulle verwag nie. 'n Mens lees gedurig van politici en hooggeplaasde amptenare wat hulle bevoegdhede oorskry en van lang uitgerekte konflikte.
‘n Tyd gelede het adjunkministers ‘n versoek aan die president gerig om ook kabinetsvergaderings by te woon. Wyslik het die president die versoek van die hand gewys.
Ons parlementêre en kabinetstelsels is ontleen aan die Britse en Suid-Afrikaanse modelle, wat nie hierdie gebruik ken nie. Dit sou die adjunkministers gebaat het as hulle eers ‘n bietjie agtergrondkennis opgedoen het voor hulle die president met die versoek genader het. Net soos in geval van die voorsitter van die Hardap-streeksraad, was hul optrede in onkunde gehul.
‘n Politikus sowel as hooggeplaasde staatsamptenare moet oor vaardigheid, kundigheid en ‘n groot hoeveelheid waagmoed beskik. Die Engelse noem dit “political savvy“ en “political acumen”.
Die latynse wortel van “savvy”, naamlik sapere, verwys na iemand wat wys is terwyl sy Spaanse (of Portugese) eweknie sabe verwys na iemand wat weet.
Political acumen hou verband met die omgewing van mag en beïnvloeding waarin politici hulself bevind. Hierdie omgewing verwys nie alleenlik na die raadsale waarbinne politici deel van hul verantwoordelikhede nakom nie, maar moet in sy wydste konteks verstaan word.
‘n Politikus beland in hierdie raadsaal as gevolg van sy/haar betrokkenheid in party- en gemeenskapstrukture. Hierdie konteks bied aan politici ‘n geweldige beïnvloedings- en oorrredingsvermoë asook die geleentheid om hul leierskapeienskappe effektief aan te wend. ‘n Politikus wat dit nie besef nie, sal maar moeilik ‘n tweede of derde termyn haal (mits die party natuurlik effektiwiteit en dienslewering hoër as lojaliteit ag).
Hoe dan gemaak met hoof-administrateurs en direkteure wat nie presteer nie? Onderpresteerders kan kwansuis mos glo nie afgedank word nie.
Sommige word vir ellelange periodes geskors, sit by die huis en ontvang hul volle salarisse. Ander word maar geduld en die onderprestasie gaan voort.
Onderwysstreke wat swak presteer, is nie 'n vreemde verskynsel nie. Kyk maar net na die uitslae van eksterne eksamens sowel as herhalings-, uitval- en voltooiïngskoerse; wangedrag deur personeel en hoe lank dit neem om dissiplinêre verhore af te handel; die geploeter met die inname van leerlinge aan die begin van elke jaar; verliese aan onderrigtyd en die gebrek aan klaskamerruimte. Dit sê nie veel van beplanning nie.
Moet streeksrade maar verlief neem dat hulle met swak besluitnemers opgesaal sit? Nee, dit hoef nie die geval te wees nie.
Eers moet streeksraadlede eerstens hulself van die aanduiders van effektiewe onderwys vergewis. Gewapen met hierdie kundigheid, moet hulle hul oorredings- en beïnvloedingsvermoë gebruik om van die vrot appels ontslae te raak.
Hulle moet leer om druk op moederministeries te plaas om op te tree; al beteken dit hulle moet met die media, onderwysfora, skoolrade en ander gemeenskapsinstansies saamspan om dit te doen. Om te toi-toi en vreedsame optogte te reël, is nie uitgesluit nie.
Daar is ander weë en dit is nie nodig om wetlike bepalings te verontagsaam nie. Dit is nie nodig dat ons kinders se toekoms swak bestuur word nie.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie