Onderwys - Ou planne is uitgedien
Onderwys - Ou planne is uitgedien

Onderwys - Ou planne is uitgedien

Dani Booysen
Godfrey Kleinhans

Tydens sy bewind het president Barack Obama ‘n omvattende verslag oor die impak van die Ebola-virus van sy wetenskaplikes aangevra.

‘n Volledige verslag met baie inligting en advies oor die hantering van soortgelyke pandemies is in die Withuis vir die Trump-administrasie gelaat. President Donald Trump het hom min hieraan gesteur en die Amerikaanse volk verseker dat alles onder beheer is en dat Covid-19 "op pad uit" is. Dit was natuurlik die oudste leuens, waarvoor Amerika ‘n duur prys betaal het.

Onlangs was 34 miljoen mense, 10.21% van die VSA se bevolking, al ge-infekteer waarvan 608 000 (1.8% van die bevolking) die lewe gelaat het.

Dit wil my voorkom asof die meeste lande met die broek op die enkels gevang is. Besluite oor onderwys moes byvoorbeeld in baie gevalle inderhaas geneem word, hospitale was nie altyd gereed om pasiënte op te neem nie en sukkel nou nog, navorsing het nie van meet af op die been gekom nie met die gevolg dat ontwikkelende lande nog sukkel om voldoende inentingstowwe te bekom.

Intussen is tyd gemors met fopnuus en allerlei beskuldigings, veral oor Sjina se sogenaamde aandeel in die "vervaardiging" van die virus. Entstowwe is selfs gekoppel aan die bybelse 666; die teken van die dier.

Gelukkig het die wêreld tot sy sinne gekom en fopnuus is in sommige lande tot ‘n misdryf verklaar.

Die outeurs van artikels en rubrieke oor onderwys begin nou fokus op die impak van die virus en die uitdagings wat vir ons voorlê. Al die skrywers besef ons moet deeglik van probleme kennis neem en vir die "nuwe normaal" voorberei. Beplanning is in hierdie stadium van die pandemie van kritieke belang.

Die groot uitdagings, wat ten nouste aan mekaar verwant is, het te make met toegang tot onderwys en skoolhigiëne. Dit wil voorkom asof die ministerie net nie daarin kan slaag om die agterstande uit te wis nie.

Die Namibiese bevolking het het vir die afgelope klompie jare met meer as 1,5% gegroei. Dit was dus die taak van beplanners om ‘n ooreenkomstige toename in die leerlingbevolking te verwag. Uit die volgende statistiek blyk dit egter duidelik dat die konstruksiekoers geensins met die toename tred hou nie.

Tussen 2015 en 2019 het die aantal leerlinge toegeneem met 16,37%, onderwysers met 11,03%, skole met 6% en klaskamers met 11,34%. Die verwagting was nog altyd dat die aanbou van permanente klaskamers die gebou met tradisionele materiaal sou vervang. In 2019 was daar 2 003 "tradisionele" klaskamers teenoor die 1303 in 2013.

Syfers oor ablusiegeriewe en lopende water is net so ontstellend. In 2019 moes 232 skole klaarkom sonder hierdie geriewe terwyl onderwysers van 427 skole ook die bossies of ander plekke vir noodverligting moes opsoek. In 2019 was daar steeds 193 skole op die lys.

Watervoorsiening aan skole het met ietwat meer as 50% verbeter en ablusiegeriewe vir leerlinge met 21,08%. Ablusiegeriewe vir onderwysers het egter onveranderd gebly.

Trump het die Covid-19-leuen vertel om eerstens die Obama-administrasie in ‘n swak lig te stel en tweedens om seker te maak die Ebola-verslag vergader stof iewers op ‘n rak.

Covid-19 is nêrens heen op pad nie. Ministeries soos die van onderwys en finansies sal spoedig planne moet beraam om die agterstande in te haal. Ou modelle en strategieë van vroeër sal ongelukkig nie in die nuwe normaal werk nie.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!