Onderwys - Privaatskole dra baie by
Godfrey Kleinhans - 'n Interessante dog hartseer verhaal van boere wat vasgevang is in die greep van die droogte ontvou in die Republikein van 2 Maart 2020.
Aldus Henriette Le Grange van die Namibië-droogtehulpfonds sukkel die boere nie net om voer vir hul diere te koop nie. Hulle sukkel ook om hul skoolfondsverpligtinge na te kom.
Die situasie is volgens haar so erg dat van die ouers oorweeg om jonger kinders voorlopig uit die skool te haal. Le Grange sê nie, maar ek neem aan baie van hierdie kinders is in privaatskole. Namibië-droogtehulp sal ten minste N$695 000 moet insamel alleen om ouers met leerlinge in graad 10 tot 12 te ondersteun.
Een boer het uit radeloosheid gevra of die Here dan van die Noordweste vergeet het. Die reën talm maar in daardie geweste.
Privaatskole is baie duur. Die koste van een van die privaatskole in Windhoek beloop N$9 810 per maand. Verder is daar nog 'n registrasie- sowel as 'n breekskadefooi wat nie terugbetaalbaar is nie.
Privaatskole kom, ten spyte van die hoë kostes, in ryk lande sowel as in dié met meer beperkte ekonomieë voor. In lande soos Ghana, Kenia, Nigerië, Senegal en Uganda het leerlingpopulasies in privaatskole tussen 2005 en 2008 met meer as 40% toegeneem en in Indië met ongeveer 38%.
Uit die literatuur wil dit voorkom asof meer ouers uit die middelklas verkies om hul kinders na privaatskole te stuur.
'n Ander betekenisvolle waarneming, waarna ek al voorheen verwys het, is die verband tussen die agteruitgang van kwaliteit onderwys in staatskole en die toename van leerlinggetalle in privaatskole. Die rede hiervoor is voor die hand liggend. Baie ouers glo die gunstige verhouding tussen leerlinge- en onderwysergetalle is die hoofrede vir die voortreflike prestasies van privaatskole.
'n Wêreldbankstudie toon leerlinge in privaatskole in Colombië, die Dominikaanse Republiek, Filippyne, Tanzanië en Thailand presteer 1,2 tot 6,7 keer beter as hulle eweknieë in staatskole. Die stigters van privaatskole is baie keer sakelui, met die gevolg dat skoolbesture dieselfde waarde as besighede heg aan dissipline, innovering, inisiatief en kreatiwiteit.
Onderwyskwaliteit in staatskole word aan die ander kant lamgelê deur burokratiese voeteslepery, 'n ewige tekort aan geld, oorvol klasse, tekorte aan handboeke en onderrigmiddele, 'n onvermoë of onwilligheid om dissiplinêre probleme effektief aan te spreek en 'n gebrek aan onderrigruimtes. In Namibië dreig munisipaliteite ook kort-kort om dienste by staatskole weens onbetaalde rekeninge op te skort.
'n Klompie jare gelede het 'n ouer in Uganda my meegedeel dat hy alle vertroue in universele primêre onderwys (UPE) verloor het en verkies om sy kinders na 'n privaatskool oor te plaas.
In Namibië het kerke en privaatinstansies, weens die onwilligheid van die regering voor onafhanklikheid, 'n klomp skole gestig wat tans ten volle deur die staat ondersteun word. Dit is feitlik net die fisieke strukture wat aan die eienaars behoort.
'n Kleiner groep privaatskole se salarisrekening word deur die staat gesubsidieer. Die getalleverhouding tussen leerlinge en onderwysers wat in staatskole van toepassing is, word vir die berekening hiervan gebruik.
Die laaste groep is skole wat in terme van Artikel 20 van die Grondwet gestig is en pa staan vir alle kostes. In die onlangse verlede het die ministerie van onderwys besluit om 'n subsidie aan hierdie skole toe te staan.
Persoonlik is ek nie 'n vreeslike voorstander van privaatskole nie. Daar steek miskien waarheid in die bewering dat inname in 'n privaatskool bepaal word deur geld, klas en geloof.
In 'n studie uit 1995. "The Resiliency of the Status Quo", wat ek en 'n konsultant in die neëntigerjare aangepak het, was dit duidelik dat daar in sommige gemeenskappe 'n sterk verlange was na die pre-onafhanklikheidperiode; na die idee van aparte skole en gesegregeerde onderwys.
Maar, privaatskole maak tog 'n belangrike bydrae tot 'n land se fiskus. Dit kos die staat baie minder om 'n kind in privaatonderwys te subsidieer as 'n kind in 'n staatskool.
Wat ook al die spesifieke redes vir die bestaan van privaatskole mag wees, die skole vaar tans goed en hulle dra by tot die lande waarin hul bestaan se ontwikkeling. Die prestasies van die skole se skoolverlaters en die getal wat universiteitstoelating kry, wys hul bydrae tot die poel van kundiges in 'n land.
Miskien kan administrateurs van openbare onderwys 'n paar van hierdie modelle van nader bekyk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie